Oosterse markte styg; olie, koper bly hoog

Koper het in 2009 verdubbel
Deel op

Aandele in die Verre Ooste het vanoggend sterk gestyg ná ‘n goeie vertoning op Wallstraat gisteraand. Veral skeepvaartmaatskappye en hulpbronmaatskappye het goed gevaar, terwyl die olieprys tot naby $82 per vat gestyg het en Asiese effekteprysrisiko tot die laagste vlak sedert Mei 2008 gedaal het, te midde van tekens dat globale ekonomiese groei gaan toeneem.

Die Morgan Stanley-Asië-Stille-oseaanindeks het met 1,4 pesent opgeskiet tot 123,77 teen 14:08 in Tokio. Die Suid-Koreaanse won het met 0,9 persent tot 1 144,30 per dollar gestyg en daarmee ‘n hoogtepunt van 15 maande bereik. Ru-olie vir lewering in Februarie het teen $81,63 per vat verhandel, wat ‘n styging van 12 sent teenoor die sluitingsprys gisteraand op die New York Mercantile Exchange verteenwoordig.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) sal sy vooruitskatting vir globale ekonomiese groei vanjaar opwaarts aanpas tot 3,1 persent, aangesien regeringstappe om ‘n groter finansiële krisis af te weer kennelik geslaagd was, het die adjunkbesturendedirekteur, John Lipsky, gesê. ‘n Regeringsverslag wat teen vanmiddag in die VSA gepubliseer gaan word, gaan na verwagting toot dat fabrieksbestellings in dié vir die derde maand agtereenvolgens gestyg het.

Koperprys

Koper het in 2009 verdubbelDie koperprys het met 0,4 persent gedaal, ná ses agtereenvolgende dae van stygings, gegewe die loonooreenkoms wat Xstrata plc by die Altonorte-smelter in Chile bereik het. Stakende werkers by Codelco se myn in Chuquicamata gaan waarskynlik ook ‘n verbeterde loonaanbod aanvaar, het ‘n woorvoerder vir die vakbond Jaime Graz per telefoon laat weet.

Sedert 22 Desember het die koperprys egter met 9 persent die hoogte in geskiet na aanleiding van die vraag wat in China herstel. General Motors, die grootste buitelandse motorvervaardiger in China, het gister bekendgemaak dat verkope in dié land met 67 persent in 2009 gestyg het.

Ontluikende markte ontvang groot bedrae

Sowel aandele- as effektefondse wat in ontluikende markte belê het in 2009 rekordbedrae ontvang, het EPFR-globaal gister gesê. Ontluikende aandelefondse het $64,5 miljard ontvang terwyl dié wat in effekte van ontwikkelende lande belê meer as $8 miljard getrek het, wat ook ‘n nuwe rekord is, het EPFR gesê. Dié fondse het in 2008 ‘n uitvloei van $67 miljard ervaar.

настенно потолочные светильникиДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.