Skool afgebrand

Deel op

‘n Leerling en onderwyser by die Badirile Secondary School is deur mede-leerlinge aangerand en die skool is aan die brand gesteek. Die aanranding het tydens skooltyd op die perseel geskied.

Die leerder, wat ‘n pleidooi wou lewer dat sy skoolmaats weer hul klasse hervat, is is deur mede-leerders geslaan en geskop. Hy het ontsnap, by ‘n polisiestasie gaan skuiling soek en die saak gerapporteer.

Die skoolboikot in Khutsong duur nou al etlike maande en leerders weier om na die klaskamer terug te keer.

Deel op

Toe die polisie egter by die skool opdaag was die administrasiegebou sowel as die klaskamers reeds in ligte laaie.

‘n Onderwyser wat eweneens die kinders aangemoedig het om terug te keer, is ook aangerand. Nooddienste is ontbied om die brand by die skool te blus.

Nooddienspersoneel is daarna met klippe bestook toe hulle gepoog het om die vlamme te beheer.

сколько стоит гипсовая штукатуркаАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.