De Kock dalk binnekort vry

Deel op

Eugene de Kock, 61, die eertydse bevelvoerder van die veiligheidspolisie se C10-teeninsurgensie-eenheid te Vlakplaas, mag dalk binnekort vrygelaat word.

De Kock is in Oktober 1996 in die Pretoriase Hooggeregshof twee keer lewenslange tronkstraf opgelê, nadat hy skuldig bevind is aan oa moord terwyl hy van 1985 tot 1993 by die eenheid gedien het.

Dié stap, meen ingeligtes, sal lei tot presidensiële kwytskelding vir die veroordeelde Schabir Shaik. Shaik het in April 2008 by die presidensie om kwytskelding aansoek gedoen.

Jacob Zuma het De Kock glo verlede jaar in April in die Sentrale Gevangenis in Pretoria besoek.

De Kock het klaarblyklik aan Zuma inligting verskaf oor mense wat “skotvry” daarvan afgekom het.

In ruil vir kwytskelding het De Kock aangedui dat hy met ‘n nuwe ondersoek oor die vorige bedeling se vergrype sal saamwerk en sal help met die opspoor liggame van slagoffers wat deur die NP se veiligheidsmagte vermoor is.

Zuma en die ANC se woordvoerders kon nie die ontmoeting bevestig of ontken nie.

 

воронеж полироли,Фильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.