Vertel ons wie jou Vrye Weekblad gefinansier het, Max

Deel op

Beste Max,

Gister op die Praagwebwerf het ons ‘n ope brief aan jou van so om en by 2500 woorde gepubliseer wat deur Robbie Jubber, ‘n oudveiligheidspolisieman, geskryf is, in kommentaar op jou boek “Dwars”.

Daarin vra hy onder andere dat jy bekend moet maak wie destyds die Vrye Weekblad gefinansier het. Dis nogal ‘n interessante vraag, want intussen is allerlei dinge bekendgemaak en sekere Britte spog hoe hulle met hul geldwassery-operasie vanuit die Sint-Pauluskatedraal in Londen miljoene ponde na ons land gekanaliseer het en sodoende die ou NP tot ‘n val gebring het. Van hierdie geld het natuurlik van Swede af gekom en op 27 April 2004 het die Sweedse ambassadeur in Suid-Afrika (op Engels) op RSG gesê dat “sonder Swede sou die ANC nooit aan bewind gekom het nie”; nogal ‘n interessante stelling, hoewel ek blykbaar die enigste is wat so dink, want geen haan het ooit daarna gekraai nie.

Ook so ‘n paar jaar gelede het ek eendag op my selfoon ‘n naamlose sms ontvang wat gelui het: “Max se Vrye Weekblad is deur NI gefinansier!” Ek het dit nie te ernstig opgeneem nie, synde ‘n naamlose sms, maar met die NP’s wat mekaar in die rug gesteek het en die ideologiese stryd in die party, asook tussen die verskillende staatsdepartemente en intelligensiedienste, is so iets seker nie ontmoontlik nie. Met jou aan die linkervleuel wat openlik vir die (Brits en Sweeds gefinansierde) ANC in Afrikaans propaganda maak, het die verligte NP’s skielik gematig gelyk. Daarom sou dit selfs sin gemaak het vir die Broederbond en die NP-hervormers om jou klandestien in jou laat-linkse kruistoggie te ondersteun, net so ‘n jaar of twee voor die Berlynse muur sou val en al die linkses – waaronder Jakes Gerwel en moontlik jyself? – tot trane en verdriet sou stem. Immers kon jy in jou ywer ‘n taamlike rol speel om die volk te oorreed om aan Mac Maharaj, Ronnie Kasrils, Joe Slovo, met of sonder Operasie Vula, oor te gee.

Dus sou dit nogal die lug suiwer as jy, net soos die Sweedse ambassadeur en die aanhangers van Kanon Collins en Trevor Huddleston wat deesdae op die internet en elders met hul waagmoed en vernuf te koop loop, aan ons kon vertel met wie se gunste en gawes jy destyds jou Vrye Weekblad bedryf het?

Ook het ek dit goedgedink om ‘n soort bewonderaarswebwerf vir jou te begin by die domein maxdupreez.co.za. Ek het gister twee tot drie ure van my kosbare tyd hieraan bestee – ter verheerliking van die glorieryke Max du Preez! Ek het trouens ook Robbie Jubber se ope brief aan jou onder die afdeling “Fanmail” gelaai. Hoewel jy so knaend in die Rooitaal vir jou Engelse en swart vriende skryf en hulle oortuig hoe “rassisties” ons Afrikaners is omdat ons kla dat ons so aanmekaar deur “jou mense” beroof, vermoor en verkrag word, beskik jy oor ‘n groot gevolg onder Afrikaners en dalk sal heelwat mense deelneem aan so ‘n bewonderaarswerf vir Mad Max. Jy kan moontlik persoonlik daarop skryf, hoewel jy ontvang mos gewoonlik graag betaling vir die propaganda wat jy produseer, dus staan ‘n vrywillige medium soos die internet jou waarskynlik nie aan nie. Indien jy wel ‘n wagwoord wil hê om self bydraes op maxdupreez.co.za te lewer, laat weet my, dan sal ek dit so opstel. Dit geld natuurlik ook vir enige e-posadresse wat jy sou wou gebruik in die trant van mugu@maxdupreez.co.za of mad@maxdupreez.co.za of hoofindoena@maxdupreez.co.za, ens. Hoewel, ek moet bieg, jou huidige adres “mugu@global.co.za” klink baie meer grandioos, asof jy die aardbol quijoties wil stormloop. Du Preez is boonop ‘n Afrikaanse en Hugenotevan, waarop jy nie danig trots kan wees nie, dus sal jy waarskynlik nie van so ‘n diens wil gebruik maak nie.

Ek – en baie ander mense, daarvan is ek seker – is nou sommer baie nuuskierig oor wie destyds die finansiële steun vir jou Vrye Weekblad verskaf het. Was dit die Britte, die Swede of selfs die Russe? Of dalk NI en die binnekringe van die Broederbond-verligtes? Jy is dit aan die volk verskuldig om nou te sê wie dit was.

построитьДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.