Rusland se bevolking styg

Deel op

Rusland se bevolking sal hierdie jaar vir die eerste keer sedert die val van die Sowjet-unie ‘n styging toon.

“Ons kan met vertroue sê die Russiese bevolking het hierdie jaar gegroei,” het die land se premier, Wladimir Poetin, tydens die regering se jaarafsluitingstoespraak op staatstelevisie gesê.

Volgens Poetin sou statistiek wat die groei bevestig, later bekend gemaak word.

Sy woordvoerder, Dmitri Peskof, het bevestig dat die land se bevolking dié jaar gegroei het.

Poetin het in 2006 Rusland se kwynende bevolking sedert die einde van kommunisme, as die land se grootse probleem bestempel.

Die daling in bevolkingsaanwas word hoofsaaklik aan emigrasie toegeskryf, maar faktore soos alkoholisme, stres en swak gesondheidsorg het ook al die skuld gekry.

Die premier het ‘n plan aangekondig wat bevolkingsaanwas sal aanwakker deur ‘n hoër geboortesyfer, ‘n beter migrasiebeleid daar te stel en Russe se lewensverwagting te verbeter.

Rusland se lewensverwagting het na “byna 69” jaar gestyg in 2009, het Poetin gesê.

Tatjana Golikova, die land se minister van gesondheid, het in 2008 gesê die land se gemiddelde lewensverwagting is 67.8.

 

летающая фея заказатьтопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.