‘n Ope brief aan Max du Preez

Deel op

Aangesien jou nuwe boek Dwars eersdaags weer al jou aanhangers gaande gaan hê oor jou briljante joernalistiek, sal ek graag die volgende onder jou aandag wil bring. Ek is van die ou soort wat nog glo aan die audi alterem partem -reël – jy weet seker ‘n ander ou het ook die reg op sy kant van die saak – glo jy sal wat wil gee om my ervaring te beleef het. Hou net in gedagte dat ek nie n “embedded” joernalis is nie.

Ek ‘n egte oudlid van die ou Veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie.

Vir 20 jaar het ek koverte operasies beleef en saam met die bestes van die bestes gewerk. Tog moet ek jou eers vertel van die regte mense wat hierdie deel van die polisie bedryf het. Hulle was afkomstig uit die uniform- en speurtakke van die Polisie en was gekeur weens hulle vermoë om misdaad te bestry – soos jy weet was ‘n oortreding van die veiligheidswetgewing ook ‘n misdaad – al is dit deur baie bevraagteken. Ons het die wette toegepas en nie geskryf nie.

My eerste kennismaking met hierdie lede was die hoogtepunt in my lewe. Ek was verbaas om mense te ontmoet wat terroriste en kommuniste moes hokslaan en wat net sowel predikante of onderwysers kon gewees het. Hulle was opgevoed, gedissiplineerd en akademies goed onderrig. Die tannie wat my die adminstelsel van die adminafdeling moes touwys maak, was kwaaier as al die offisiere. So het ek oor die jare al die lede van die provinsies leer ken en met wie ek geskakel het. My ongeveer agt bevelvoerders onder wie ek daarna gewerk het, was van dieselfde stofasie – en ek was geëerd om onder hulle te kon werk en te leer – ek salueer hulle. Soos wat ek met die jare gevorder het en al meer met die senior offisiere van die mag te doen gekry het, het ek dieselfde respek vir hulle integriteit, eerlikheid en professionalisme gekry. Jy is welkom om saam met my op hulle spore te gaan loop.

My ervaring met koverte operasies het gestrek van meeluistering; onder-skepping van pos – hierdie operasies is altyd uitgevoer met magtiging en nakoming van die wet. Ek het verskeie “lessenaars“ bedryf, informante hanteer en gekweek. Baie van die operasies is bedryf met N.I.-lede wat betrokke was – so was ek ook betrokke by Weermagondersoeke. Hier het ek weereens van die mees professionele manne ontmoet waaraan jy kan dink. Ja, ná 20 jaar behoort ek seker te weet of die lede van die veiligheidstak goed of sleg was. Ek praat nou van die paar duisend lede wat verbonde aan die tak was, nie die paar ongelukkiges waarmee jy te doen gekry het nie. Hulle moes mos opgeoffer word om “sekeres” te laat goed lyk, of nié. Moet ook nie dié wat daar ”geplant” was, vergelyk met die werklike veiligheidstakmanne nie.

Ou Max , dink net hoe het hierdie ouens gewerk om van die kommunistiese literatuur wat ons land oorspoel het te onderskep, die bomplantende ANC-terroriste te beheer en die burgers van hierdie land te beskerm. Dink net hoe het hulle 7 dae per week gewerk om te sien hoe word miljoene rande se skole en staatsgeboue afgebrand en hoe die swart skares hulle eie mense “ge – necklace” het.

Wat weet jy om sáám met swart kollegas te kon gewerk het, biduurdienste sáám bygewoon het  en teen terreuraanslae en kommunistiese propaganda sáám die stryd gevoer het. Waar wit en swart kollegas respek vir mekaar se kultuur gehad het. Het jy ooit saam met Askari’s gewerk wat hul rûe op kommunisme gedraai het omdat hulle geskok was oor wat hulle in die buiteland in die sogenaamde kampe moes deurmaak – ek glo nie so nie. Ek het ook Marx, Lenin en Trotski gelees, maar ek hou nie van hulle nie want hulle was verantwoordelik vir miljoene se swaarkry en dood.

Het jy beleef waar ordentlike swart lede van die tak wat van die kerk afgekom het soos honde met AK 47’s afgemaai is? Ek was ‘n draer by van hulle se begrafnis.

Weet jy van swart lede en Askari’s wat offisiersrange in die mag verkry het terwyl baie van die veiligheidstaklede ná 30 en meer jare diens, as gewone sersante en adjudantoffisiere moes aftree met ‘n karige pensioen? Ons het nie daaroor gestaak nie.

Het jy beleef wat in 1976 asook die tagtigerjare se onluste in die swart gebiede gebeur het? Het daar ná 16 jaar enige verbetering ingetree o.a. in swart onderwys, verligting en opheffing van armoede? Noem jy die skande van hophuise ‘n verbetering?

As die swartes vandag marsjeer oor swak dienste, word daar vandag op hulle geskiet. Swart weermagmanne wat voor die publiek verneder word terwyl hul swart kollegas geweld teen hulle gebruik nadat hulle probleme oor en oor aan hulle seniors oorgedra is. Hoeveel persone dood in aanhouding word elke jaar aangemeld?

Het jy mense uit voertuie of geboue gesleep wat aan stukke geskiet is deur ANC-AK-gewere en -bomme – alles op die lafhartigste manier denkbaar. Jy kan seker nie die bom en kleefmynskade aan kragstasies, Wimpy’s en kerke onthou nie – nee, jy was net beskikbaar om deur jou meesters die regte inligting op die regte tyd beskikbaar te stel om ‘n paar ouens op te offer om vir julle plek in die nuwe S.A. te maak – hel, wat ‘n siek held is jy nie!

Ek was my hele loopbaan betrokke by aanhoudings en ondervragings en ek het geen martelings uitgevoer of beleef nie. Ons het gebruik gemaak van ondervragingstegnieke en professionele metodes. As daar was, kan jy nie al die ou veiligheidstaklede verantwoordelik hou nie. Elke ou wat aangehou is, het voorgegee hy is gemartel.

Ek het ook vrywaring gekry by die Lieg- en Biegkommissie – daaroor kan jy maar self lees en jou eie gevolgtekkinge maak. Wat lagwekkend is, is dat die regter wat my vrywaring gegee het, toe met sy dronklyf in ‘n ander ou se muur vasgery het en die grootste rassis anderkant uitgekom het. Ek het nooit rassistiese aanmerkings by die veiligheidstak ervaar of waargeneem nie.

Van die oudswartlede wie se name nie aan die Waarheids- en Versoeningskommissie geopenbaar is nie, doen baie goed in senior range in die nuwe polisiediens. Vind jy fout daarmee?

Max, ons het baie informante gehanteer wat goed betaal is met belastingbetalersgeld – ek glo dit is vandag nog so. Dink net hoe dit sou wees as ons na jou vlak moet daal en vir ons eie ou ego’tjies hulle name moes bekendmaak en soetsappige boeke daaroor moes skryf. Sies man, ons was professioneel – die wêreld van koverte operasies gaan mos steeds aan – dink net aan die laaste paar hofsake hoe van” vyande” ontslae geraak word met afluistering en dies meer. Jy weet, ou Kebble se selfmoord moet ook nog opgelos word. Snaaks jy stel nie in die ANC se moontlike “dirty tricks” belang nie. Jy maak asof die Mossad, die CIA of MI6 of enige ander “diens” nie met hul eie “dirty tricks” besig is nie. Dink net hoeveel mense word elke dag deur sluipmoordaanvalle uitgewis deur “demokratiese regerings” en net omdat hulle oor die mag beskik, word hulle wandade toegesmeer en word hulle operasionele mense beskerm. Jy dra tog kennis van John Pilger se siening oor onregmatige optredes teen burgers van ander lande.

Dalk vertel jy vir John Pilger van ons “dirty tricks”. Vertel hom sommer hoe barbare in hierdie land wit boere op hulle plase en in die stede vermoor – moet nie die detail uitlaat nie. Dit moet lees soos wat jy Vlakplaas se misdade uitgeryg het – met al die bloed en wreedheid wat daarmee gepaardgegaan het. Ek wonder party dae wat sou oom Poetin met ‘n outjie soos jy aangevang het.

Ek wil ‘n voorstel aan jou maak. Ons begin weer ‘n Nie So Vrye Weekblad en ondersoek al die lelike goed van die ANC en hulle kommunistiese kamerade. Ons kan vir dr Dan Roodt kry om jou ‘n bietjie te help met goeie Afrikaans skryf en ‘n bietjie nuwe denke in jou skryfwerk te sit. Dieselfde ou stories raak nou regtig afgesaag. Hel man, netnou brand jy uit – ons kan nie nog ‘n Boetman verloor nie. Ons kan sommer vir Willie en Dirk vra om ons te help met die ondersoeke. Hulle kan sommer hulle staatsvoertuie gebruik om ons te help. Ek het baie ou goed om te verkoop vir fondse.

Ons kan drink en vloek soos in die ou dae. Wat van so ‘n bietjie van die geld wat uit bydraes verdien kan word te gebruik om drank te koop en partytjies vir ons nuwe vriende te hou? Anders kan ons sê ons het dom Afrikanerjoernaliste opgelei om soos jy te dink en te skryf. Die ouens wat ons fondse moet dophou is so korrup, hulle sal saam kom jol.

Ek het tog ‘n versoek om aan jou te rig – is maar die ou speurdermentaliteit, jy weet. Ek sal graag al die bewyse wil sien oor waar jou fondse vir die Vrye Weekblad vandaan gekom het – bankstate en bewyse van al die ou goedjies wat jy verkoop het. Terloops, hoe het jy al die kostes gedra van al daardie eise en so aan. Die aanrandings en bomme wat om jou ontplof het – kla jy of spog jy? Jy moes mos groot lyk in die oë van jou liberale vriende – die pad van jou eie mense uit te verkoop, is mos nie maklik nie.

Ek lees jy reis so baie rond – skryf en gee boeke uit – waar kry jy al die geld of misgis ek my met jou! Siestog van oom Boesak dat hy in die sop moes beland oor ander ouens se geld.

 

Ek het so deur jou nuwe ou boek geblaai by ‘n boekwinkel – lees die sjit sommer staan-staan in die boekwinkel. So dwars na jou kant toe …

–         Ek ken die brigadier na wie jy verwys – hoogs professioneel en duidelik in ‘n ander klas as jy. Hy het meer in sy een pinkie gehad as wat jy in jou hele suurgat lyf het. Onthou jy die liedjie Mull of Kintyre – Robert was maar altyd ‘n netjiese ou en hoogs ervare. Magtig man, dat hy tot ‘n dosent kon word met ‘n regte graad of twee!

 

–         Jy sê jy het hom as bron beskerm? Ek verstaan nie mooi nie – was hy dan ‘n oorloper, dubbelagent of wat?

 

–         Het Horak na jou toe oorgeloop – ek verstaan nie? Jy sê jy het hom ontmasker. Oom Horak sê hy het vir die regering gewerk en sover ek weet, het hy hy geld by hulle gesoek vir sy dienste.

Arme ou Horak – ek wonder of hy al sy geld gekry het by sy baie meesters. Kan ons hom ook nie betrek by ons nuwe Nie So Vrye Weekblad nie. Jy wil seker alleen in al die glorie deel of soek jy nie joernaliste van jou soort, wat dalk jou glorie kan steel nie, of hoe? Oom Horak het ook net vir ‘n salaris gewerk, of twee.

 

–         Jammer oor die feit dat jy nooit gearresteer was nie, gewoonlik was net agente van die regering so gelukkig. As hulle goed was, het ons hulle aangehou om hulle meer statuur in die regte kringe te gee. In jou geval weet ek wragtig nie, miskien is jy nie so hoog aangeslaan nie. Net jy sal weet, of hoe? Ek het tot ander departemente se ouens na die selle gesmokkel om hulle bronne te paai.

 

Volgens jou het julle baie geld van orals gekry en sou die veiligheidstak en NI jou vasgevat het as jy sou jok oor geld. Spot jy nou of lieg jy maar altyd so – weet jy hoe die dienste se geheime fondse gewerk het? Daar is nie ‘n manier hoe die veiligheidstak met ander geheime instellings se geld kon inmeng nie – vra die gewese ouditeur-generaal, hy het self nie altyd geweet waarvoor die geld gebruik word nie en moes maar die topouens glo. As ouens met hulle vingers in die kasregister gevang is, is dit gewoonlik intern gehanteer tensy die base diaboliese bedoelings met so ‘n ou gehad het of politieke punte wou uit die aangeleentheid wou aanteken – jy ken tog die Eugene-geval, hy was toevallig ‘n kollega van my. “Who’s watching the watchers?”

Interessant hoe jy verwys na jou ou gabbas wat die Vrye Weekblad begin het.

Idasa se mense – Braam Viljoen oom Constand se broer, Pauw ens.; dan kom

Pierre Steyn en F.W. de Klerk se name by my op. Die feit dat Niel Barnard nie ten gunste van jou getuig het nie en steeds die ANC/SAKP as die vyand van Suid-Afrika gesien het, sê vir my adv. Pretorius in sy boek Volksverraad was nie ver van die kol af oor wie die rolspelers by die verraad was nie.

Niel Barnard sê op TV dat Pik nie die groot grondboontjie in die pakkie was nie, maar hy. Nou lyk dit vir my of jy ons die demokrasie ingelei het en dat jy die groot grondboon in die pakkie was. Glo jy jouself? Ek weet wat jy gaan sê: “Nooit, ek en watter Weermag nogal?”

Jy wil net nie erken dat jou nuwe regering kleivoete het nie – dit lyk vir my asof jy ‘n groot aandeel het in hierdie gemors wat vandag heers.

Ek lees verder in jou boek… Dr Dan Roodt is ‘n apie wat in ‘n hokkie sit en masturbeer en die mense vermaak. Lees dit weer en ook vir jou gesin. Kyk in die spieël en sê vir jouself jy is die siekste bliksem wat die aarde kan oplewer. As jy dink jy kan Praag of ander Afrikaners wat soos ons dink stop, beter jy vir jou meer kry as jou sotlike aanmerkings oor mense wat oor jou troon soos o.a. Dan Roodt. As veranderingsagent vir wie ookal, sal jy nie mense stop of beinvloed wat in hulle saak glo nie – ons het ‘n reg om ons eie toekoms te bepaal. Ek kan jou verseker ons werk daaraan sonder om geweld aan te wend. Sonder ouens soos jy. Tot die Lakotah-stam in Amerika is bereid om die stryd voort te sit – lees en kyk wat hulle doen en weet daar is mense wat sal aanhou om die stryd vir hulle vryheid voort te sit.

Jy sê jy is n Afrikaner; is dit nou omdat jy ‘n wit vel het of omdat jy ‘n baard dra? Vertel tog, hoe meer ons van jou weet, hoe meer kan ons jou waardeer.

Ek weet nie hoekom is ek so wetsgehoorsaam nie; miskien moes ek ‘n paar opnames huis toe geneem het oor al die ouens wat onder vals vlae gewerk het. Siestog, dit was nie net die veiligheidstak wat so gewerk het nie. Hulle sou my definitief onder die Wet op die beveiliging van inligting aangekla het. Haai, hoe praat ek nou net soos jy, vergewe my asb.

Groetnis,

Robbie Jubber

leagues of fortuneДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.