Afrikaners behoef ’n politieke ommekeer

Deel op

In voorafgaande artikels in die Geskiedenisafdeling van dié webwerf is gepoog om kortliks (ja, baie kortliks!) en oorsigtelik na politieke tendense te kyk binne vier periodes:

Die indruk kan nie ontsnap word nie dat, met hier en daar ‘n suiwer uitsondering (dr. D.F. Malan en dr. H.F. Verwoerd), daar deurlopend gebrekkige leierskap voorgekom het. Generaal Louis Botha, generaal Jan Smuts en F.W. de Klerk val in die kategorie van meelopers met die Afrikaner se tradisionele vyande.

Die konflik tussen Afrikaner en Engelsman is in die demokratiese politiek sedert 1948 binne die konteks van Afrikanerregerings versus die Engelse opposisiepartye en pro-Britse pers volgehou.

Die Engelse anneksasie van Natal en die Kaap asook die twee Vryheidsoorloë is ‘n tragedie wat moeilik uitgewis kan word.

Tewens, die Engelse politiek, meer as enige iets anders, het die stryd teen sg. “apartheid” geïnternasionaliseer. Dit is die Engelse sakesektor wat die oorsaak is dat die Verwoerdiaanse ekonomiese beleid van grensnywerheidsontwikkeling en op die agentskapsbasis in die tradisionele swart tuislande misluk het. Ook die onbeheersde instroming van swartes na die vier provinsies, in die soeke na werk, is die resultaat van ‘n Engelse ekonomiese beleid. Insgelyks was die verabsolutering van die Engelse Westminsterstelsel die groot dryfveer agter die revolusionêre politiek van die swart bevrydingsorganisasies. Daar kan vandag gekonstateer word dat die ANC die Engelse koloniale politiek van die groot imperialiste – Cecil John Rhodes en andere – waarmaak. Vandaar die beroepsdiskriminasie teen Afrikaners, die onsimpatieke verandering in die name van historiese dorpe, geboue en straatname, asook die verengelsing van die onderwys.

By terugskoue moes die Suid-Afrikaanse politiek totaal anders ontplooi het. Die tendens van groter afstand tussen SA (die Afrikaner) en die Britse Gemenebes (die Engelse politiek) moes regdeur gehandhaaf gebly het. Groter kontak moes bewerkstellig met Nederland en Duitsland gewees het. Vandag in die jaar 2010 het die Britse invloed in die internasionale politiek dermate getaan dat SA se betrokkenheid by die Britse Gemenebes ‘n holle gebaar is. Tans is Duitsland een van die sterkste lande van die Europese Unie.

Die Rhodesiese Engelse het tot ‘n groot mate hulle gat gegrawe. Jan Smuts het gedurende sy regeringstyd gepoog om Suid-Rhodesië by SA te laat aansluit. ‘n Referendum is gehou, maar die kortsigtige Engelse het oorwegend gestem om nie deel van SA te word nie. Hulle redes was grootliks die teenwoordigheid van Afrikaners in die Republiek!

Die daadwerklike optrede van Ian Smith om met Brittanje te breek en UDI (Unilateral Declaration of Independence) uit te roep, was egter ‘n heldedaad. Die feit dat SA vir Ian Smith in die steek gelaat het, was ‘n daad van verraad. ‘n Alliansie tussen SA en Rhodesië, met al die opofferinge wat dit sou vra, sou die regionale geskiedenis anders geskryf het as wat tans die geval is. By terugskoue het Robert Mugabe die ontwikkeling van Zimbabwe dermate geknak dat dit dekades sal neem om te herstel – indien ooit!

Die fout met die hantering van Rhodesië (onder Vorster en Pik Botha) is in die hantering van SWA (onder P.W. Botha en Pik Botha) herhaal. Namibië is in die hande van SWAPO se Nujoma oorgegee.

‘n Alliansie tussen SA, Rhodesië en Suidwes-Afrika kon die Suider-Afrikaanse politiek op ‘n totaal nuwe model en rigting laat ontplooi het.

Die feit dat die onafhanklikheid van die TBVC-state deur F.W. de Klerk (weer met die steun van Pik Botha) opgehef is, was die grootste daad van lafhartigheid denkbaar.

‘n Alliansie tussen Verwoerd se SA, Ian Smith se Rhodesië, dr. Savimbi se Angola, Lukas Mangope se Bophuthatswana en ander goedgesinde swart leiers in die TBVC-state kon ‘n Suider-Afrikaanse konfederale regstaat tot stand gebring het, wat tot seën vir Afrika en vir die Europese gemeenskap sou gewees het.

Wanneer ons fokus op die politieke geskiedenis van SA moet ons ruiterlik erken dat ons “leiers” ons in die afgrond in bestuur het. Daar was en is nog steeds ‘n kortsigtige politiek onder ons waarneembaar. Wat in die omstandighede nodig is, is om ‘n nuwe kader leiers behoorlik op te lei. Dit is dus nog nie te laat om ‘n ander koers in te slaan nie. Maar, dan sal die rigting duidelik uitgespel moet word en ‘n strategie uitgewerk moet word om dit waar te maak. Dit is nooit te laat om ‘n politieke ommekeer te maak nie.

воздухаданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.