Grootkapitaal is ons vyand

Eerste Nasionale Bank se rassistiese besluit om nie aan laerinkomste- blanke werknemers se kinders studiebeurse toe te staan nie, maar wel aan laerinkomste- swart werknemers, is tekenend van hoe Grootsake nog altyd die Afrikaner se vyand was.

Die Anglo-Boereoorlog, waar 27 000 vroue in Britse doodskampe vermoor is en 67 000 Boereplase tot op die grond verbrand en vernietig is, waar ons volk in armemoede gewerp is – waarin ons vir dekades sou leef – is deur Grootkapitaal op ons afgedwing. Die kapitaliste Cecil John Rhodes, Neville Chaimberlain e.a. sou vir niks stuit om hulle hande op ons goud te kry nie.

Grootsake is waarskynlik ook die enkele belangrikste faktor waarom dr. Verwoerd se tuislandbeleid nooit gewerk het nie. Die grensnywerheidsbeleid was nie in hul belang nie. Die oprigting van industrieë so ver van SA stede af sou groot kostes soos die oprigting van grensdorpe en -buurte vir hul blanke tegnici en bestuurslui meegebring het.

Verder was instromingsbeheer ‘n steen des aanstoots vir die groot kapitaliste. Hulle sou eerder ‘n enorme poel goedkoop swart handearbeid om blanke stede wou hê as om hul fabrieke na die grense te verskuif. Net so belangrik, indien nie meer nie, is dat die instroming en vinnige verstedelikking van swartes laasgenoemde sou verander van bestaansboere in werkersklasverbruikers. Met so ‘n groot konsentrasie swart verbuikers om blanke stede, sou alle belange van Grootkapitaal by die verproletarisering van swartes kon baat vind en nie net die enkele grensnywerhede nie.

Dit is dus glad nie onmoontlik dat dit juis Grootkapitaal was wat die versteurde Tsafendas gebruik het om van “daardie mal apartheidsdissipel” (soos dr Anton Rupert na dr HF Verwoerd verwys het) ontslae te raak nie.

Tydens die apartheidsbewind het Suid-Afrikaanse Grootsake werk daarvan gemaak om druk op die regering uit te oefen vir swartmeerderheidsregering. In die mynwese is aktief gepoog om ‘n gesprek met die ANC aan die gang te kry en oor die algemeen was Grootsake daarop uit om ‘n ANC-regering in SA te sien.

Dat blanke minderheidsregering oor die totale Suid-Afrika nie volhoubaar was nie, verg nie ‘n genie om te verstaan nie, maar dat dit deur die totale onderwerping van die blanke minderheid vervang moes word, was onverantwoordelik en hoogs immoreel. Afrikanervryheid, wat oor eeue met groot inspanning en opoffering verwerf is, is eensklaps vernietig. Grootsake het egter geen kommer gehad oor wat van die blanke minderheid sou word nie, aangesien kapitaliste se eerste enigste morele beginsel die winsmotief is.

Grootsake het ook met die intrapslag in die NSA met ywer RA en SEB begin toepas. Hierdie wit kapitaliste het blankes uitverkoop deur die vorige bewind tot oorgawe aan te spoor en is sedert 1994 daarop uit om die gewone blanke uit die ekonomie te sluit om sodoende hul nuutgevonde swart politieke meesters te behaag. Sederdien het blankes radikaal verarm en het blanke werkloosheid met ‘n skokkende 200% toegeneem.

Die probleem met die kapitalisme is dat wins die enigste motiveerder is. Aandeelhouers soek die hoogste dividende op hul belegging. Daar is geen moraliteit by kapitalisme nie. Hierdie punt word ten beste gedemonstreer deur Michael Moore se dokumentêre film The Corporation. Die idee dat Grootsake d.m.v. “maatskaplikebetrokkenheidskemas” poog om moreel tot die gemeeskap by te dra, is niks meer as ‘n bemarkingsfoefie nie. Uiteindelik is Grootsake se hoogste verantwoordelikheid aan hul aandeelhouers en nie aan die gemeenskap nie. In The Corporation word gedemonstreer hoe die gemiddelde grootsakeonderneming, wat ‘n regspersoon is, op die DSM IV al die gedragseienskappe van ‘n psigopaat vertoon.

Indien Micheal Moorse se film nie reeds voor verlede jaar se kredietkrisis gemaak was nie, sou hy soveel meer materiaal vir sy dokumentêr gehad het. Die kapitalistiese gulsigheid wat die ganse wereld in ‘n krisis gedompel het, het nie net die wenslikheid van globalisering bedenklik gemaak nie, maar het meegebring dat die grootste fout van die kaptitalisme nl. morele onaanspreeklikehied blootgelê is op ‘n wyse waarvoor ons almal nou betaal.

Daar kan nie betwyfel word dat – soos kommunisme – kapitalisme nie die ideale stelsel is nie. Daar kan ook nie getwyfel word dat hierdie ekonomiese model ‘n sentrale rol gespeel het in ons volk se ondergang tydens sowel die ABO as die huidige swart periode nie. Die kapitalisme se bydrae tot ons ondergang is nie noodwendig (net) weens die twyfelagtige karakter van die kapitaliste nie, maar is direk die gevolg van die onderliggende logika van hierdie model, nl. die alleroorheersende belang van wins. In die kaptitalisme is daar geen struktuur of meganisme wat die belang van wins balanseer nie.

Die probleem van die kommunisme (of staatsosialisme) is die mate waartoe dit van die markmeganisme ontslae raak. Die gebrek aan die markmeganisme bring ‘n einde aan mededinging en dit offer ekonomiese groei op. Die kapitalisme is voortreflik deur die regulering wat die markmeganisme bied. Deur van die markmeganisme ontslae te raak, het die kommunisme die baba met die badwater uitgegooi. Tog, ten spyte van die mislukking van kommunisme, bly Marx se analise van kapitalisme geldig, ongeag die tekortkominge daarvan.

Met die produksiemiddele in die hande van slegs ‘n klein bevoorregte groep is uitbuiting van werkers en die bevolking in die geheel onafwendbaar. Waar daardie bevolking, soos die Afrikanervolk, ‘n hindernis na groter markte en ’n groter arbeidspoel is, moet hulle verwyder word. Dit is ironies dat terwyl Afrikaners vir so baie dekades teen die Marxisme geveg het, ‘n deeglike begrip van Marx juis vir ons sou uitwys wie eintlik ons grootste vyand is. Ons was so besig om aan ons eie klasseposisie vas te klou dat ons foutiewelik aangeneem het dat die ekonomiese opperklasse (Grootkapitaal) ons bondgenote was.

In die Afrikanerrepubliek wat kom, kan ons nie die foute van die verlede herhaal nie. Grootsake in ‘n Afrikanerrepubliek sal soos alle kapitalistiese korporasies wins vir hul beleggers ten alle koste nastreef. Dit is tyd dat ons ‘n ander ekonomiese model oorweeg, ‘n model wat die markmeganisme tot voordeel van die gemeenskap aanwend. So ‘n model bestaan reeds. Die sosiaal-ekonomiese model word met enorme sukses deur die Spaanse korporasie Modragon toegepas. D.m.v. van ‘n koöperatiewe eienaarskap- en bestuursmodel word die markmeganisme in die diens van die breë bevolking gestel en nie om slegs ‘n klein groepie beleggers te bevoordeel nie.

Terwyl die koöperatiewe model beperk bly tot besighede wat as “groot” beskryf kan word, sou die implementering van die sosiale ekonomie binne ‘n gemengde ekonomiese bedeling nog steeds private entrepreneurskap in die vorm van kleinsake aanmoedig.

Goot korporasies het doodeenvoudig te veel mag om aan die beheer van ‘n klein elite van aandeelhouers, direksielede en bestuurders oor te laat. Dit is uiters naïef om aan te neem dat hulle in die beste belang van die Afrikanervolk sal optree.

As Afrikaners moet ons ‘n deeglike begrip ontwikkel van die gevaar wat die kapitalisme nog deurgaans vir ons ingehou het. Ons moet nou reeds die ideale ekonomiese model vir ‘ n Afrikanerrepubliek konsipieer. Daar is geen waarborg hoe en wanneer ons ‘n Afrikanerrepubliek mag bekom nie. Ons wil nie weer dieselfde kapitaal- en invloedryke rolspelers in ons midde hê wat slegs deur eie belang gemotiveer word nie.

детски машинапрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.