Kom ons help bou aan praag.co.za in 2010!

Deel op

Vanoggend toe ek so deur Rapport, Beeld en Die Burger kyk, merk ek op hoe hierdie Nasperskoerante 360 grade omgeswaai het van beriggewing deur hulle beeld na buite aan te pas om steeds in beheer van die Afrikaner se denke te bly.

Ons moet onthou dat Naspers deur die ANC beheer word met behulp van swart eienaarskap en swart direkteure.

As getroue Praag-ondersteuners het ons as blankes ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself deur bewusmaking van ons Praagkoerant se bestaan so wyd menslik moontlik te versprei – veral deur e-pos en die net.

Vervolgens moet ons verdraagsaamheid toon teenoor andersdenkendes deur met respek vir hulle standpunt te reageer met goeie, eerbare argumente.

Ons het elke blanke Afrikaner nodig om ons selfbeskikking te realiseer en ons gaan dit nie bereik deur besoekers te vervreem met aggressie nie – maar wel deur diesulkes in te trek in gesprek deur logies beredeneerde argumente.

Kom ons help bou aan Praag tot die sterkste Afrikaanse koerant vir die Afrikaner deur Afrikaners in 2010!

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om almal ‘n baie voorspoedige en geseënde Nuwejaar in 2010 toe te wens.

погремушкиФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.