Onderbroekbomfoto’s vrygestel

Deel op

Die Amerikaanse regering het fotomateriaal van ‘n pakkie poeier wat voor in die onderbroek van die mislukte Detroit-bomaanvaller gevind is, aan die media vrygestel.

Al Kaida het ondertussen verantwoordelikheid vir die probeerslag aanvaar.

Die foto van die onderbroekbom wat na bewering deur Faroek Abdoelmoetallab gedra is op vlug 253 van Northwest Airlines, bevat geen datum nie

Die plofstof is, soos die foto aandui, in die voorkant van die onderbroek van die 23-jarige Nigeriese aanvaller ingewerk.

Al Kaida het Maandag gespog oor hulle vermoë om die VSA se veiligheidsmaatreëls te omseil met die onderbroekbompoging en nuwe aanvalle belowe.

Kurt Haskell van Newport, Michigan, wat op dieselfde vlug was, het blykbaar gesien dat die verdagte sonder ‘n paspoort die vlug gehaal het nadat ‘n goedgeklede man by die personeel aangedring het.

Hy en sy vrou Lori Haskell is albei regsgeleerdes by die Haskell regsfirma in Taylor.

Hulle sê Moetallab was armmoedig geklee, terwyl sy weldoener welgeklee was. Die weldoener het aan die lughawepersoneel gesê Moetallab is ‘n vlugteling van Soedan.

Die kaartjieagent wou aanvanklik nie bes gee nie en het Moetallab en sy vriend na die bestuurder verwys. Hulle is daarna wel toegelaat om die vlug te haal.

Die onderbroekbomaanvaller is gedurende die vlug deur medepassasiers maklik oorrompel en is deur veiligheidspersoneel weggelei nadat die vliegtuig ‘n noodlanding gemaak het.

Al die passasiers is na die noodlanding deur die FBI ondervra en die ondersoekers het bevestig dat alleen Moetallab in hegtenis geneem is.

Haskell het egter gesien dat die welgeklede man ook weggelei word deur die FBI.

 

 

online slots forтопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.