Herrie se kerrie: Die roelf

Deel op

{jathumbnail off}

Onlangs het ‘n kortverhaal uit Herrie se pen Praag se webblad gehaal: Duskant die longdrop. In een van die dele word vertel van hoe Koos blou in die gesig op die troon aangetref is na hy asem opgehou het tot hy hom sou hoor hoor val. Met dié dat die longdrop bo-op ‘n droë olieboorgat van ‘n kilometer en ‘n half opgerig was…

Van die Praaglesers was gou om ‘n vergelyk tussen die asem ophou en wag dat die nuwe Suid-Afrika-nagmerrie ‘n koers moet inslaan, hierin te sien.

Of Herrie self die simboliek gesien het, is nie nou ter sake nie. Wat Herrie wél besef het, is dat ‘n mens nou, na aanleiding van die teenspoed wat Roelf oor sy destydse onderhandelings, en veral sy verbete goedpraat daarvan, nou kry, dalk ‘n mooi Afrikaanse naam vir hierdie buite-gemakkie gekry het, ‘n roelf.

Die raakvlakke is talryk. ‘n Doodloop-gat reguit ondertoe, ‘n onwelriekende klankie en iemand wat bo gemaklik op ‘n troon sit en koerant lees.

Boonop, uit Herrie se kleintyd, het hy nog ‘n assosiasie…dis die plek waar adders graag gaan skuiling neem het. ‘n Man kon dus baie maklik in die gat gehap word …en so meer as een gat sien.

Of nog erger, die adder kon dalk ‘n skerpskutter wees en ‘n man raakpik, waar as dit ‘n vrou was, dit heeltemal mis sou wees, en so sy toekoms vernietig.

Herrie kan eintlik nie aan ‘n meer gepaste naam vir ‘n troonkamer dink nie.

Maar Herrie onthou ook ‘n insident uit ‘n storie wat hy as kind gelees het. By ‘n skoolkoshuis het dit die skoolkinders nie lank geneem om te sien hoe die nagwapersoneel flink in gelid, elkeen met ‘n emmer bo die kop, in die rigting van die nagwa hardloop nie. By een plek gaan die roete deur ‘n stegie, en die versoeking word te groot.

Ook nie lank nie, of ‘n kabeltjie word net bo kophoogte oor die stegie gespan.

Die gevolglike domino-effek laat Herrie weer baie aan Pik dink, met net die voorste drawwer wat ongedeerd daarvan afkom. Daarom noem Herrie dit die pik-pik-effek.

Maar genoeg van *&#praat.

Herrie het die afgelope Kersfees agtergekom hoe die regering baie na-aan R300 000 per maand kan bespaar.

Die Herries se hond, Pumba, het naamlik een ding met Julius Malema in gemeen – Pumba kan verskriklik bang word. Vreesbevange. Anders as met Malema weet die Herries darem waarvoor Pumba so bang is – klappers. Rondom Kersfees en Nuwejaar is dit ‘n naarheid. Die kalmeerpille wat Pumba, ‘n yslike boerboel, ingejaag is voor die klappers begin skiet, het net mooi niks gehelp nie.

Wanneer die eerste klapper sy maak gemaak het, is Pumba die ene bibberasie, en sal soms nog ‘n benoude blaf of twee los.

Hierna sal sy Herrie te pletter trap om pens en pootjies tussen Herrie en mev. Herrie in die katelkooi te kom inkruip, maar wanneer die volgende klapper geklap het, is sy weer al benoud-blaffend bo-oor Herrie onder die karos uit, gang af – tot die volgende een klap en sy weer vir die karos mik.

Vanjaar is dit ‘n boerboel van ‘n gans ander aard. Die Herries het verneem van ‘n band wat om die benoude hond se nek gehang word, wat na twee dae begin werk, en wat iets afskei wat die hond rustig maak. Dit skei glo ‘n hormoon of iets af wat ma-honde afskei wat haar kleintjies rustig maak. Dit werk ‘n maand lank.

Kersfees was egter nog effe te gou, en Pumba het nog bietjie gebewe, maar teen gisteraand het die band mooi “ingeskop” en het sy soos ‘n dooi hond bly slaap wanneer die klappers skiet.

Dis toe dat Herrie besef as die regering slim wil wees, moet hulle net ‘n soortgelyke bandjie maak, dan kan hulle dit vir Malema omhang, en ‘n maand lank die R300 000 vir beskerming spaar. Teen R200 per maand is dit nogal ‘n aansienlike besparing en iemand kan tantieme verdien op ‘n baie gepaste naam.

 

купить машинку на пульте управленияАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.