Ortodontis en sy gesin sterf in vliegongeluk

Deel op

Vier mense, almal van dieselfde gesin, is Maandagmiddag oorlede toe ‘n sessitplek-vliegtuig naby Harrismith in die Vrystaat neergestort het.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het nooddienste omstreeks 13:30 ‘n oproep ontvang dat ‘n vliegtuig geval het.

Die vliegtuig, ‘n Beach Bonanza, het by die Platberg neergestort in digte mis, het Netcare911 se woordvoerder, Chris Botha, gesê.

“Ongelukkig het al vier die passasiers gesterf,” het hy gesê.

Dr. Johan Adriaan Venter (61), ’n ortodontis, sy vrou, Elzabé (61), hul seun, Christiaan Venter, en sy vrou, Christine, was vroeg Maandagmiddag in ’n Beechcraft Bonanza-vliegtuig van Vereeniging na Margate onderweg toe hulle in slegte weer teen Platberg by Harrismith vasgevlieg het.

Die vliegtuig het in ‘n “amper onbegaanbare” gebied neergestort.

Paramedici, wat omstreeks 13:30 ‘n oproep oor die ongeluk ontvang het, moes hul voertuie agterlaat om die ongelukstoneel te bereik.

Volgens Gwebu is ‘n helikopter na die toneel gestuur om die gebied vinniger te bereik.

Paramedici en polisie was teen 16:00 steeds op die toneel besig.

 

все для бани и сауныДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.