Al Kaida aanvaar verantwoordelikheid vir bom

Deel op

Die terroristegroep Al Kaida het verantwoordelikheid aanvaar vir die mislukte poging om ‘n passasiersvliegtuig bo Detroit, VSA, op te blaas.

Volgens SITE, ‘n Amerikaanse intelligensieorganisasie, het Al Kaida Maandag ‘n verklaring op ‘n Islamitiese webwerf geplaas waarin die groep sê die aanval is deur ‘n Al Kaida-faksie in die Arabiese skiereiland geloods.

Abdoel Faroek Abdulmoetallab, ‘n Nigeriër, het op Kersdag probeer om plofstof aan boord van ‘n vliegtuig bo Detroit, Michigan, aan te steek

Sy poging om die vliegtuig, met 278 passasiers aan boord, op te blaas, het misluk.

Hy is kort na die voorval in hegtenis geneem met ernstige brandwonde.

Abdoelmoetallab het vroeër aan ondersoekbeamptes gesê hy is ‘n Al Kaida-lid.

 

автоматическое зарядное устройствоДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.