Kwanzanc: die ANC se ekwivalent van Kersfees

Deel op

Die viering van Kersfees is uiteraard ‘n uiters Europese tradisie. In die jaar 350 nC het Pous Julius I ‘n dekreet uitgevaardig dat Kersfees, wat die viering van die geboortedag van die Heiland moes wees, op 25 Desember gevier sou word. Niemand is presies seker wanneer Christus werklik gebore is nie, maar dit was waarskynlik nie op 25 Desember nie.

Een van die redes waarom die pous die 25ste Desember gekies het, is omdat dit saamgeval het met die Europese heidense fees van die wintersonstilstand. Die langste nag van die jaar is 21 Desember in die noordelike halfrond. Hierná begin die dae weer langer word. Rondom daardie datum het Europese heidene (jou en my voorouers, waarskynlik) ‘n fees gehou ter viering van die komende somer. Baie van ons Kerstradisies het uit daardie heidense gebruike ontstaan, byvoorbeeld om ‘n kers aan te steek. Immergroen bome is ook deur die heidene as heilige simbole beskou. Vandaar die gebruik om ‘n immergroen boom as ‘n simbool van Kersfees te beskou. Die keuse van 25 Desember was ‘n poging om die heidene te oortuig dat die Christenskap nie ‘n bedreiging vir hul tradisies sou inhou nie.

Baie van die hedendaagse simboliek van Kersfees dra vandag steeds baie Europese simbole – dennebome, sneeu, rendiere ensovoorts. Kersfees en sy simboliek is dus niks indien nie uitheems aan Afrika nie. In reaksie op die Eurosentriese simboliek van Kersfees het die swartbewussynsbeweging in die VSA tydens die 1960s ‘n ekwivalente feestyd bedink, bekend as Kwanzaa. Kwanzaa is ‘n belaglike viering van denkbeeldige Afrikatradisies en sogenaamde Afrikawaardes. Een van hierdie is byvoorbeeld Ujima, wat na bewering sou dui op kollektiewe verantwoordelikheid en arbeidsaamheid, al is dit begrippe wat nog meer uitheems aan Afrika is as Kersfees.

Gedagtig hieraan het ek gewonder of die ANC nie ook ‘n Azaniese Kwanzaa moet bedink nie. Kom ons noem dit die Kwanzanc. Daar is heelwat struggle- en hedendaagse tradisies wat die ANC kan vier.

In plaas van brandende kerse kan die ANC en sy ondersteuners gerus ‘n paar buitebande vol petrol maak en dit aan die brand steek. Omstanders behoort egter attent te wees daarop dat veelvuldige bottels Black Label en buitebande ‘n gevaarlike kombinasie is en maklik tot ‘n halssnoermoord kan lei.

In plaas daarvan om geskenke vir mekaar te koop, kan ANC-gesinne ter viering van Kwanzanc eerder ‘n kompetisie loods wat sal kyk wie die meeste kan steel en plunder, verkieslik by onskuldige belastingbetalers. Steel, bedrieg en korrupsie pleeg is immers aktiwiteite waarin die ANC kampioene is. Al wat ‘n ANC-ondersteuner is op die spreekwoordelike voetsoolvlak droom daarvan om verkies te word as ‘n ampsdraer, sodat hy ook kan deelneem aan die plundery van die belastingbetaler.

Wat sou enige viering van ‘n fees soos Kwanzanc wees sonder ‘n feesmaal? Diegene wat aan vigs ly en aan die ANC behoort, kan ‘n feesmaal van suurlemoene, beet en patats geniet ter nagedagtenis aan Manto Patatkop-Knoffelmang. Vir die trogvarke asook die SAKP se vetkatte sal net die beste uiteraard goed genoeg wees. Vir kaders soos kamerade Blade en Sexwale is dit kaviaar en natuurlik die alomteenwoordige Johnny Walker Blue Label. Hulle kan hul “sterwende” kameraad, Schabir Shaik, afvaardig om proviand vir hulle te gaan koop, voor die stomme man beswyk aan die terminale toestand bekend as die lewe.

Om ANC-aanhangers wat nie deel is van die binnekring nie, veral in linkse Afrikanergeledere (ek dink spesifiek aan vuilgatmusikante en ewe vuilgat Naspersjoernaliste en -rubriekskrywers) tuis te laat voel, kan die Europese mistelplant wat deel is van Kersfees vervang word met Afrika se gunsteling plantaardige produk, Cannabis Sativa. Statistiek Suid-Afrika het immers onlangs die onwettige handel in laasgenoemde produk begin insluit in sy berekening van die BBP. Die verdomming wat die gebruik van hierdie plant se blare teweegbring, is ‘n uitstekende metafoor vir die ANC se mislukte onderwysstelsel.

As die Europeërs se viering ‘n blanke man met ‘n lang baard en ‘n boepmaag het as menslike simbool, kort Kwanzanc seker ook ‘n simboliese figuur inheems aan Afrika. ‘n ANC-ekwivalent vir die denkbeeldige Sinterklaas was so ‘n ietwat moeiliker om te bedink, tot ek aan daardie standbeeld van die ewe denkbeeldige Tshwene (askies, “Tshwane”) buite Aapstat se stadsaal gedink het. “Tshwane” kan in ‘n minibustaxi ry wat deur inheemse bobbejane (Papio Ursinus) getrek word, in stede van uitheemse rendiere. In plaas van sleeklokkies kan “Tshwane” kort-kort die minibus se toeter druk. Hy kan SEB-kontrakte uitdeel aan diegene wat alreeds bemagtigde trogvarke is en korrup genoeg was gedurende die jaar.

Wanneer word Kwanzanc gevier? Ek sou reken dit moet op 6 April plaasvind, toe die eerste skepe van diegene wat rykdom kom skep het en van wie daar geplunder kan word, in Tafelbaai anker gegooi het. Die ANC is hoeka niks meer as ‘n vragkultus nie, en wat sou ‘n vragkultus nou wees sonder diegene wat hy probeer na-aap?

бокалы хрусталь купитьпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.