Eie norme, en basta met die wêreld

Deel op

Te midde van ‘n resessie is Suid-Afrikaners deur verskeie vorme van belasting ingebind by die grootste sportskouspel wat die land waarskynlik in ‘n geruime tyd sal aanbied.

Die 2010- Fifa-wêreldbeker-eindtoernooi is veel, veel groter as die rugby- en krieketbekertoernooie saam wat Suid-Afrika reeds aangebied het. Dit beteken ook dat die w êreld se oë soos selde op Suid-Afrika gevestig sal wees. Die Suid-Afrikaanse regering verwag van honderde duisende mense om groot geld hier te kom spandeer, en baie van die voornemende besoekers verwag van Suid-Afrika om hulle in ‘n omgewing met aanvaarbare norme te ontvang. Die feit dat Suid-Afrika onlangs die status van die wêreld se moordhoofsetel by sy reeds verworwe status as verkragtinghoofsetel gevoeg het, tel nie onder die verwagtinge nie.

Groot beplanning word gedoen en talle maatreëls word getref. Of dit genoegsaam is om ‘n verrotte kultuur om te keer, is iets wat nog gesien moet word.

Die rissiepit, Rhoda Kadalie, klim egter onder die ANC in weens die skynbare sorgeloosheid waarmee die regering homself na die buiteland projekteer. In die mees onlangse Brandpunt in Media 24 skryf sy onder meer: “Nie pligsversuim, kleptomanie, internasionale verleentheid of menseslagting is ‘n diskwalifikasie vir ‘n staatsbegrafnis nie.”

In Volksblad se hoofartikel daarnaas vanoggend word in soortgelyke terme oor die Shaik-verleentheid berig. In hierdie geval lê hef aan met verleenthede skynbaar nog voor as die CDA reg is dat die ligte vingerraps wat Shaik weens parooloortredings gekry het, bloot ‘n voorspel tot volkome kwytskelding is. Die groot verleentheid is, volgens die CDA, daarin geleë dat Shaik se kwytskelding sal kom van dieselfde man wat volgens die hofuitspraak, in ‘n algemeen korrupte verhouding met hom betrokke was – pres. Jacob Zuma self. Die vraag word selfs gevra of so iets grondwetlik kan wees.

Baie gereeld word dié tipe vreemde optredes as deel van Afrikaan wees verduidelik. Die sogenaamde Afrika-kultuur, so lui die argument, regverdig die verleenthede, en basta met die res van die wêreld waar glo ander norme sou geld.

Volkekundiges, of te wel meer polities korrek, kulturele antropoloë, wys egter daarop dat dit wat as Afrikanisties opgedis word, karikature is van werklike tradisies en eerder dui op ‘n kultuur in transito waar die verswakte norme genoeg elemente van kulturele verval en selfs anti-kultuur oplewer.

Kadali neem bloot kortpad, en maak die eenvoudige stelling dat die ANC die kuns vervolmaak het van die goddelike reg om te regeer.

Of soos iemand anders dit gestel het: “Die ANC het nie korrupsie uitgedink nie, net vervolmaak.”  Te veel eietydse Mandaryne word deur die opposisie en media met hul lang vingers in die koekieblik uitgevang en straffeloos toegelaat om soos konings te leef om ‘n skeptiese publiek anders te oortuig.

Tog, al word nuwe norme geskep wat vir die res van die wêreld onaanvaarbaar of minstens onaptytlik is, en al word dit skaamteloos onder die Weste se neuse gevryf, word daar nie geskroom om bakhand af te sit Kopenhagen toe en dikbek met net ‘n half vol beursie terug te keer nie. Trouens, dit was bietjie meer as net bakhand – ‘n bietjie van as ons nie genoeg aalmoese kry nie sal ons voortgaan om die planeet te besoedel.

Trouens, Suid-Afrika behoort van beter te weet as om hom kolletief bakhand by Afrika as geheel te voeg. Suid-Afrika is terdeë bewus daarvan dat die buitewêreld, en in besonder die Europese Unie, sekere Afrikalande as korrupte of disfunksionele state geklassifiseer het en dat hulpfondse nie na daardie lande, soos Zimbabwe, se staatskas gekanaliseer word nie, maar na nie-regeringsorganisasies. En al pas Suid-Afrika sogenaamde Afrikanorme op lande soos Zimbabwe toe, die skenkerlande doen dit nie.

ручной пневмоинструментФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.