Vrek in vrede!

Deel op
ImageAnton Barnard se skrywes het my aandag daarop gevestig dat dieselfde Johan Pienaar wat my nog laas van haatspraak aangekla het by die Menslike Onregkommissie dit nou op hom geneem het om namens Anton Goosen sy onwrikbare steun aan die demokrasie te bevestig. Al is Goosen onlangs aangeval en beroof.
Deel op

Terwyl die media volgens hul gewoonte nêrens na die ras van Anton Goosen se aanvallers verwys het nie, het Johan Pienaar in sy brief namens die sanger op Litnet wel geïmpliseer dat hulle swartes was. Soos ek reeds in “Pas aan en sterf” aangetoon het, is kritiek op misdaad besig om die teenkritiek van “rassisme” te ontlok. Indien Anton Goosen deur blankes aangeval was, sou ons hulle as liederlike geweldenaars kon verdoem. Omdat die liedjieskrywer egter deur swartes aangeval is, moet ons ons woorde tel.

Volgens Johan Pienaar, “wil (Anton Goosen) die volgende baie duidelik stel. Die aanval op hom het niks met ras, geloof velkleur of oogkleur te doen gehad nie. Soos baie ander goeie mense in die land, wit en swart was hy ‘n slagoffer van slegte dade gepleeg deur mense wat hulself die besittings van ander wil toeëien sonder om daarvoor te werk. Misdaad word gepleeg deur wit en swart mense en die slagoffers daarvan is wit en swart.”

Hierna word daar uitgewei oor die aantal roofkopieë van Anton Goosen se CD’s wat deur sy aanhangers gemaak word en wat van dieselfde orde sou wees as om iemand met geweld te beroof en sy lewe in gevaar te stel deur ‘n vuurwapen op hom te rig.

Iewers is daar ‘n digbundel deur die Nederlandse Vyftiger, Lucebert, met die titel Die dieren der democratie. Hy het dit seker anders bedoel, maar skielik het die begrip vir ons inheemse betekenis verkry: die diere van demokrasie, wat veral toegelaat moet word om hul gang te gaan en hul dierlike luste en vryhede uit te leef.

In ons demokrasie is daar egter – soos in die natuur – twee soorte diere: roofdiere en die grasvreters wat gewoonlik hul prooi uitmaak. Ook Lucebert gebruik as motto voor in sy digbundel die volgende woorde deur Ter Haar: “de vrede graast de kudde voor”.

As mens die digter se Nederlandse woordspel moes parafraseer: Die vrede geniet voorrang by die kudde omdat hulle bloot wil voortwei. En sport op TV kyk, wil mens byvoeg.

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n stuk geskryf oor “Amy Biehl en Euromasochisme” (tans beskikbaar in Aweregs). In die aanvalle die afgelope paar dae op Anton Barnard op Litnet, asook uit Johan Pienaar se verklaring, blyk dit dat die Euromasochiste geensins tot die Biehl-gesin beperk is nie. Nie net het Amy Biehl se ouers, Peter en Linda, hul kind se moordenaars vergewe en hul hande geskud nie, maar hulle het agterna vir twee van hulle werk aangebied by die Amy Biehl-stigting.

Dit waarop Johan Pienaar en sommige Litnet-skrywers afstuur, is van dieselfde orde. Hulle boodskap is: moenie jouself teen misdaad verset nie, verduur dit eerder. Beloon die persoon wat jou beroof of verkrag of ‘n familielid vermoor het. Dit lei tot “versoening”, “nasiebou” en al die ander goeie dinge wat die ANC-bewind aan ons voorhou. Omdat swartes (en bruines) in 99% van gevalle diegene is wat geweldsmisdaad pleeg, kan die blote kritiek teen misdaad tot “verdeeldheid” lei. Johan Pienaar, wat namens Anton Goosen praat, druk ook die universele Euromasochistiese credo uit as hy sê: “Die misdaadprobleem in die land kan nie opgelos word deur ekstra polisiemanne op straat te plaas as die algemene burgery se eerste verbintenis nie is om op te hou misdaad pleeg nie. Om enige aksie te neem wat die verdeeldheid in die land nog verder te onderstreep is nie ‘n oplossing nie.”

Wie is “die algemene burgery”? Is dit die jong blanke tieners wat roofkopieë van CD’s maak? Is daar ‘n kousale verband tussen die aantal blanke tieners wat onwettige kopieë van liedjies maak en die aantal jong swart en bruin mans wat gewapende roof, vekragting en moord pleeg? Die Euromasochis is by uitstek ‘n kuddedier, dus moet ons nie te veel logika van hom verwag nie.

In die Noord-Transvaal is daar ‘n groep boere en lede van TLU-SA wat hulself in sogenaamde “steunkringe” georganiseer het om hulself teen misdaad te verset. Waarskynlik dra dit nie Johan Pienaar en Anton Goosen se goedkeuring weg nie, omdat dit tot “verdeeldheid” mag lei. Maar oud-kol. Gideon Meiring wat aan die hoof staan van TLU-Veiligheid het ‘n gepaste uitdrukking vir diegene wat nie by gemeenskapsveiligheidsaksies betrokke wil raak nie: “vrek in vrede”.

Meiring vergelyk hulle gedrag met dié van ‘n rooiboktrop waarvan lede af en toe deur roofdiere soos leeus of luiperds gevang en opgevreet word. Aan die kante van die kudde word hulle uitgedun, terwyl die res anderpad kyk en hoop dit gebeur nie met hulle nie. Trouens, om af en toe ‘n lid van die kudde aan die roofdier af te staan, sorg natuurlik dat die hele kudde nie uitgewis word nie. Met elke roofdieraanval trek ‘n kortstondige rilling deur die kudde as hy op die vlug slaan, maar kort daarna bedaar almal weer en wei rustig voort asof niks gebeur het nie.

Dit mag wees dat die diere van die demokrasie, sowel die roofdiere as die prooi en Euromasochiste, in ekologiese balans verkeer. Soos enige besoeker aan die Krugerwildtuin sal opmerk, is daar immers meer rooibokke as leeus of luiperds. Die probleem is egter dat die roofdiere in ons samelewing besig is om gevaarlik in aantal te vermeerder. By watter punt gaan die roofdiere hul prooi uitput sodat die hele stelsel in duie begin stort?

Die Afrikanervolk beleef tans die grootste krisis in sy bestaan sedert Van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Daar is ‘n verskriklike uitdunproses aan die gang waardeur duisende van ons mense vermoor, vermink en verkrag word deur die roofdiere van die demokrasie. Die gelukkiges kry dit reg om te emigreer. Tans is ‘n klein minderheid besig om hulself daadwerklik te bewapen en te beveilig teen geweldsmisdaad.

Onder aansporing van die Euromasochiste soos Johan Pienaar, Antjie Krog en die res is daar egter ‘n groep wat die leuse “vrek in vrede” hul eie gemaak het. Die rassetaboe intimideer hulle so geweldig dat hulle nie gaan reageer nie. Die feit dat misdaad elke dag voorbladnuus is, skeel hulle nie. Solank dit met iemand anders gebeur, gee hulle ook nie om nie.

Dis egter nodig dat diegene van ons wat wíl oorleef en wat nie langer met hierdie barbaarse geweldsbestaan gediend is nie, alles in ons vermoë sal doen om soveel Afrikaners as moontlik van ondergang te red.

Die eerste ding wat moet gebeur, is dat ons onsself in ‘n burgerlike netwerk met eie kommunikasie en reaksievermoëns moet organiseer ten einde die misdadigers die stryd aan te sê.

PRAAG, TLU-Veiligheid en ander organisasies is reeds besig met gesprekke in dié verband en u kan binnekort ‘n aankondiging verwag. Binne die volgende maand wil ons ‘n groot openbare vergadering in Pretoria hou waar die publiek se steun vir so ‘n inisiatief gevra sal word. Dit sal gevolg word deur verdere byeenkomste elders in die land. As ons oor die volgende jaar genoeg mense in stedelike en landelike kommando’s kan saamsnoer, sal die diere van die demokrasie nie langer na willekeur op ons kan jag maak nie.

{mos_mb_discuss:13}

комбинированные печи для банитопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.