Swart Kerskous vir wit werknemers by ENB

Deel op

Die vakbond Solidariteit het vandag met ʼn reuse internetveldtog begin waardeur ENB-kliënte gemobiliseer word om druk op die bank te plaas nadat die bank besluit het wit werknemers kan nie kwalifiseer vir beurse vir hulle kinders nie.

In die November-uitgawe van hulle nuusbrief aan die werknemers, Treetalk, skryf ENB dat indien werknemers finansieel sukkel met die eise van hoë studiekoste, daar goeie nuus is. Volgens die skrywe is ENB daartoe verbind om opleiding vir almal te verseker en as deel van die inisiatief bied hulle finansiële steun aan swart werknemers, met inbegrip van Afrikane, Indiërs, Kleurlinge en Chinese, wat minder as R100 000 per jaar verdien.

“Wittes is dus nie deel van “almal” nie. Wit werknemers wat swaarky en minder as R100 000 verdien, word eenvoudig uitgesluit suiwer op grond van hulle ras. Dit is seker die onsensitiefste Kersgeskenk wat ʼn werkgewer aan ʼn seker deel van sy werknemers kan gee. Die wit werknemers by ENB ontvang ʼn swart Kerskous wat hulle nie mag oopmaak nie, want hulle is nie swart nie,” het Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

Lede van die publiek kan direk by ENB kla deur middel van die webbladsy www.solidariteit.co.za. Op die webbladsy kan webgebruikers ook deel word van ʼn Facebook-aksie teen ENB. Blogs is gister teen ENB begin en video’s teen ENB is op www.stube.co.za asook YouTube gepubliseer. Die veldtog met die naam “Kerskouse vir almal” skop vandag af en sal in 2010 voortgesit word.

Ons beroep tot kliënte van ENB en die publiek is om met ʼn veldtog teen die bank voort te gaan totdat die rassekriteria uit die beurstoekenning gehaal word. Die fokus van ENB se Werknemersondersteuningstrust is om kinders van werknemers op primêre skoolvlak tot graad sewe te help. “Klein kindertjies op laerskoolvlak word dus die slagoffers van diskriminerende praktyke.

Op grond van watter morele argument kan ENB argumenteer dat ʼn graadeentjie van ʼn ouer wat minder as R100 000 verdien steeds ʼn bevoordeelde uit apartheid is? ENB het geen morele argument nie, maar bloot ʼn rasse-argument,” het Hermann gesê.

“ENB-kliënte en alle Suid-Afrikaners moet opstaan teen hierdie harde rassestandpunt. Indien enige werknemer minder as R100 000 verdien, is dit byna onmoontlik vir daardie gesin om vir hul kinders se studies te betaal. Die regte benadering sou wees om almal wat minder as R100 000 verdien te laat kwalifiseer vir studiehulp. Die meerderheid van die ENB-werknemers wat minder as R100 000 verdien, is swart, maar jy kan nie die wit werknemers uitsluit nie.”

In die klag wat Solidariteit van ʼn werknemer ontvang het oor die diskriminerende beurspraktyk by ENB, word ʼn voorbeeld gebruik van twee wit vroue wat in ʼn spesifieke afdeling werk en minder as R100 000 per jaar verdien. Albei is enkelouers en sukkel om kop bo water te hou. In dieselfde afdeling werk ʼn swart vrou wat dieselfde verdien, maar haar man verdien R50 000 per maand. Sy kwalifiseer vir hulp maar die wit vroue, by wie die nood die grootste is, kwalifiseer nie, suiwer op grond van ras.

 

в москвеФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.