Swart Kersfees

Jan Rabie

Jan Rabie

Hierdie, waarskynlik die mees polities onkorrekte kortverhaal in Afrikaans, is in 1947 vir die eerste keer gepubliseer. Daarna het dit in die vergetelheid versink en is ook nie opgeneem in Jan Rabie se Versamelverhale wat in 1980 op die skrywer se sestigste verjaardag verskyn het nie. Dit word vandag op 24 Desember 2009 deur praag.co.za op die internet gepubliseer, gedagtig aan die simboliese en politieke betekenis wat ‘n “Swart Kersfees” opnuut in ons land verkry het. Die verhaal, wat op Kersdag 1850 afspeel, beeld ook treffend die vernietigende gevolge van ‘n geloof in ‘n “valse vrede” uit.

(Geskiedkundig waar)

Alhoewel sy nou in sonlig op die groen gras lê, kan sy nie help om te ril en haar oë te sluit nie.

Twee dae gelede het sy ‘n halfnaakte kaffer in die bergkloof gesien: brons en bewegingloos het hy in die skadu’s van varings en struike gesit, met assegaai en knopkierie in sy hand, en toe sy te verskrik om te roer, bly staan het, het hy geruisloos verdwyn. Maar toe sy vir Dick daarvan vertel het, het hy gelag en gesê die kaffer het seker ook geskrik.

Skielik sit sy regop. ‘n Groepie Gaikas het versamel aan die rivierkant van die dorpie. Niemand van die blankes om haar is verbaas daaroor nie, dit is tog ou gebruik van die kaffers om na Auckland te kom en tabak en ander snuisterye van die nedersetters te bedel of te ruil.

In ‘n rooigetrapte kol aarde is Munro, sy seun, en Gibson, besig om te onderhandel met Xaimpi en sy vreedsame volgelinge.

Sy draai na Dick en haar hand speel en vleg in sy blonde hare. Haar bruin vlegsels het effens afgeval en haar ovale gesig nog dunner en ernstiger gemaak; laer buig sy oor hom en kyk met hartstogtelike aandag in sy oë. “Die ses maande was so kort,” fluister sy.

Haar man glimlag met haar: vriendelik en kommerloos sy blou oë en gesig met klein sproetjies. “Dit gaan nog eeue duur,” antwoord hy, toegeeflik vir haar grillige buff.

“Ja, Dick, Dick, Dick …” sê sy en draai haar oë skielik weer weg asof sy gehipnotiseer is deur die versameling kaffers.

Weer roer die onverklaarbare vrees in haar: met half-geopende lippe sit sy, voor sy langsaam kan terugdraai en langs hom in die suurwarme sekerbeid van gras kan neerval. Met kinderlike skrik, lag sy toe hy haar wil soen.

Om hulle is die ander mense van die dorpie, wat ook van hierdie heerlike rusdag en die ope lug gebruik maak: vrolike, heldere stemme wat haar almal bekend is.

Dick gee ‘n lang, welbehaaglike sug. Toe hy sy hand opstrek na die lug waar die wit vlokkie van ‘n voël teen die somerhemel drywe, sien sy die haartjies op sy voorarm blink soos syige draadjies vuur. Alles is rus, warmte, vrede. Dit is 25 Desember, Kersdag 1850.

Ná die vorige grensoorlog is die klein dorpie Auckland, saam. met Juanasberg en Woburn, laer of met die vallei van die Tjumie-rivier, aangelê as ‘n tuiste vir soldate-nedersetters. Na die weste strek witmansgebied; na die ooste, oorkant die rivier en donker, beboste hange, is Gaikaland waarvandaan hordes telkemale stroom om te roof en te moor onder die voorposte van die blanke beskawing.


Getuie van die gevaarlike tye is die halfvoltooide klipgeboutjie wat in die middel van die twintigtal huise staan, en diens moet doen as fort. Dit is drie jaar gelede begin, nooit voltooi nie, omdat vrede oënskynlik gekom het om te bly, en nou staan dit daar, met klipmure en ‘n ry skietgate, maar sonder dak, terwyl welige struikgewasse van alle kante naderkruip en reeds teen die mare oprank.

Agter die huisies en landerye rys die hoogtes van die Amatola-berge, wild en geweldig, ‘n reus wat afstaar op die skuim van terrasse bome en gras.

Dit is skoon, skoon, o, sy weet, sy het haar hele lewe geweet dat ‘n plek só skoon en volmaak soos hierdie berghoekie bestaan. En na Afrika het sy gekom uit Engeland se benoude stede om dit en die bruingebrande, die vrolik laggende soldaat, Dick te vind. Hier het haar lewe eintlik begin. En nou is sy elke minuut bang om dit te verloor …

In die groot kloof ruis die stroom oor wit blokke rots, in die spekbome en geelhoute sing duiwe dromerige note, en die gras waar sy op lê, het die swaar ritseling van sonlig en groei gekry. In haar weet sy die suising van bloed, die dag self waarvan sy oplaas ook deel is. Sy is ‘n kind, ‘n dwaas.

Niks is verkeerd nie, niks mag verkeerd wees nie.

Koorsagtig dink sy net dit.

Dit is Kersfees en namiddag, ná ete.

Die merendeel van die mans en vrouens en kinders is onder die bome voor die huise versamel, en die gesprek gaan vandag oor meer dinge as die arbeid en die makmaak van hierdie wilde en vrugbare plekkie aarde. Naby lê ‘n paar byle en grawe met ysterkante blink van gister se gebruik. Na onder, by die swemgat weggesteek in die groen koelte van bome, is die geplas en gejuig van die jongere mans hoorbaar. Wanneer hulle eindelik lui-stappend terugkeer, is die wit son al oor die helfte van die hemel.

Gelyktydig hiermee kom ‘n Hottentotmeidjie uit die bosse van die suidekant gestap. Sy het haastig geloop; toe sy die Gaikas sien, sittende of leunende op skild en assegaai, vertraag sy haar pas en kom so tot by die voorste vroue.

“Dit is maar net die wasmeidjie,” brom Dick toe Jane haar oprig om te kyk. Sy antwoord nie, want die meidjie het by die vroue neergehurk en haastig, fluisterend begin praat.

Met ‘n vinnige beweging staan Jane op en gaan daarheen; nou ook gevolg deur Dick en die ander.

“Wat is dit?” vra die eerste die beste persoon. Die vrou vir wie sy gevra het, lag rukkerig en sê: “Die meidjie vertel dat sy van die dwarsrant gesien het hoe rook van Juanasberg en Woburn se kant optrek.”

Jane kyk met vergrote en verdonkerte oë na die vertelster.

“Wat sê sy verder, wat sê sy…”

“Niks meer as dit nie.” Die vrou kyk na Jane.

“Aag,” stel ‘n ander gerus, “dis seker maar weer ‘n veldbrand soos daar laas gewees het.”

“Kom, kom, my skat,” sê Dick agter haar, en vou sy arms om haar middel, “wat kan dit sodanig wees, dis mos vrede. Ek weet jy is altyd so onnodig bang en besorg.” Hy fluister in haar oor: “En in jou toestand móét jy nie.”

Sy maak sy arms stadig en vasberade van haar los. “Een moet gaan kyk,” sê sy.

“Maar kyk dan daar,” dring haar man aan, en hy wys na waar die drie witmans met die vredige groepie Gaikas onderhandel. “Kyk, die kaffers sal mos nie so sit en gesels as hulle ons wil aanval nie.” Terselfdertyd sien hulle hoe ‘n jongman brood en koffie na Munro en sy twee maats bring, hoe dit aangebied word en hoe Xaimpi en die omsittende Gaikas daarvan begin eet.


“Hulle het net gekom om te bedel, die luiaards,” besluit hy effens veragtelik. Maar daar is ‘n fronsie op sy voorkop.

Dit is onmoontlik dat die dag iets anders as Kersdag, as ‘n dag van vrede kan wees. Die son, die vleklose hemel, die groen, glinsterende gras, alles vertel dit… en nogtans gaan ‘n klein rilling deur die groepie blankes.

Want nou dat hulle oplet, is daar meer kaffers as wat hullo gedink het. Nie net voor hulle in die oop plek is die bruin gestaltes te sien nie, ook tussen die huis, na agter, in die bosse, loop of staan klein groepies skynbaar doelloos rond, blinkgesmeer met vet, diersterte om die knieë en elmboë, en hoë veerbosse om die koppe.

“Miskien is iets tóg verkeerd,” prewel Jane byna geluidloos, en gryp met ‘n gebaartjie na Dick se arm.

In die oomblik sien sy hoe al die ander verstywe het in stilte rondom haar, en hoor sy hoe die gesing van ‘n sonbesie êrens in die hitte versamel tot ‘n skreeu in haar keel…

Tog het dit onbegryplik snel gebeur. Xaimpi en sy Gaikas het opgespring, daar was ‘n skel gefluit, en die drie witmans het neergesink in ‘n maling van kieries en assegaaie. Sy kon die roof sien op ‘n assegaaipunt wat die tweede keer neergaan, toe die verstarde landskap om haar wakkerruk.

Toe hardloop sy self met waansinnige haas tussen die vroue en kinders na die klipfort. Maar voor hulle almal is die mans wat die naaste huise binnestorm en gewere en koeëls en kruit daaruit ruk. Kaffers sien sy, honderde, stormende, skreeuende barbare wat hulle probeer afsny. Voetegeklapper en rou krete vul die lug. Eerste skote val skeurend.. .

In die fort waar hulle mekaar verdring, klou sy aan die deurkosyn vas om te sien tot Dick veilig inkom.

Toe hulle almal binne is – negentien mans en dertig vroue en kinders, en die geveg in alle erns begin, buk sy reg agter hom met die sakkie koeëls en die kruithoring op haar skoot. Daar is geen tyd vir angs nie, die verskriklike is daar en nou moet sy so sterk wees soos hy.

Die eerste verwoede aanval van die oormoedige Gaikas word afgeslaan. In die helder son, in ‘n sirkel om die fort, 1ê die swart liggame in die ruïnes van hul vere en skilde. Die aanval word tydelik gestaak, en toe Dick een maal omdraai, roep hy haar toe dat die kaffers agter die huis skuilgegaan het en toegespreek word deur Xaimpi en sy indoenas.

Iemand vloek monotoon, oor en oor. ‘n Kind huil, nie hard of beangs nie, net saggies, verdwaasd, baie klein.

Toe sy opkyk, sien sy dieselfde blou lug bo haar hoof. En sy weet: Ons is klaar verlore. Sy dwing haar hande en lippe om nie te bewe nie.

Dick het vinnig na haar gedraai. “As ons lank genoeg uithou, sal hulp wel opdaag.” Sy knik en sy glimlag outomaties. Skielik buig sy vorentoe en gryp haar aan hom vas.

Hy moet haar wegstoot om na sy geweer te gryp. Die volgende aanval het begin en langs hom het ‘n man sonder ‘n kreun vorentoe gesak…

Teen die skemering het dit stil geword buite. Beangstigend stil. Die mans het haastig kajuitraad gehou en besluit om voortaan net te skiet as die kaffers tot teen die mure kom. Die vrouens het die kinders gesus, bymekaar gehurk in die middel van die nou ruimte. Een of twee van die verstandigstes het los planke wat daar gelê het tot splinters begin kap met klippe, en met stroke van hul rokke gebind in die vorm van fakkels, om oor die mure te gooi as dit heeltemal donker word. Toe het hulle gewag vir die volgende plan van die vyand; niks het hulle so uitgeput soos daardie wag nie.

Uit die duisternis het ‘n stem in Xhosa geroep: “Gee julle oor?”

Een van die mans het na die deur gespring, een oomblik oop en onbeskerm gestaan, en veragtelik teruggeskreeu. Daarna was dit weer stil.


Meteens het ‘n klip oor die muur uit die donker sterrelug gekom. Nog een. Nog… Dit het ‘n reën van klippe geword, en hulle het verbaasd en ontset hul koppe en lywe probeer beskut so goed hulle kon.

‘n Man het histeries begin lag. “Hulle wil die fort opvul!” het hy uitgeroep. Maar voor by kon byvoeg: “Almal! Uitgooi!” het Jane al die klippe naaste aan haar gegryp en met geweld teruggeslinger oor die muur. Almal het weggebuk en meegehelp, vrouens, selfs die klein kindertjies, en die mans wat nie by die skietgate waggestaan het nie.

Wanneer ‘n klip haar met ‘n dowwe slag tref, het Jane haar elmboë krampagtig omhooggeruk, voor sy weer kon aangaan. Later het sy nie meer die pyn gevoel nie, die dierlike gehyg en die kletterende hone nie meer gehoor nie, net aangehou met werk soos een in ‘n droom waar onmoontlike take verrig word met die blote gebeur van dinge.

Maar dit was vergeefse arbeid. Klippe het uit bebloede hande gegly en meer as die helfte van die vroue het later bewusteloos langs die klipmuur gelê met klein kindertjies in hul arms. Terwyl die dreuning van die klippereën nie verminder nie en die hoop in die middel langsaam groei en afrol na die kante.

Dagbreek het hulle op die rand van menslike uithoudingsvermoë gevind. Tog het enkeles nog ure wanhopig volgehou. Die son het gestyg, oor die muur geloer soos ‘n nuwe vyand, en verblindend geskitter op die klippehoop wat byna tot die hoogte van die skietgate gelê het.

Sporadiese geskiet het voortgeduur. Buite het die kaffers toegeneem in getalle, en boonop gewere bygekry. Soms het tartende krygers skreeuend en dansend tot naby die mure gekom. Maar hulle had tyd genoeg en het nie ‘n reguit stormloop gewaag nie.

Binne in die fort was die ammunisie byna gedaan en het vyf mans se dooie liggame half toegerol onder stene gelê. ‘n Vrou het onophoudelik in ‘n dun ylstem geskreeu dat sy God gesien het. Daar was groot bloedvlekke aan Dick se klere. Dors het almal gemartel.

Ook die gekerm het stil geword. Niemand het meer daaraan gedink om stene na buite te gooi nie. Vrouens en mans het in enige houding langs die mure gelê of gestaan – in uiterste moegheid en wanhoop nie eens in staat om mekaar te herken nie.

Jane het Dick se wond verbind en toe aan die ruwe klippe van die muur vasgeklou bly staan. Hullo het ure laas met mekaar gepraat. Maar met die verloregaan van alle hoop, het ook die laaste trots gekom, en daar was geen klag, geen kreun behalwe van die kant van die kinders wat nie verstand had nie.

Êrens in die middel van die dag was daar ‘n lang, lamme stilte waaruit ‘n helder kafferstem geroep het.

Een van die mans het omgedraai en vertaal: “Laat die vroue en kinders uitkom, ons sal hulle niks doen nie.”

Dit het ‘n ruk geduur voor die betekenis van die woorde tot hulle versufte breine kon deurdring. Toe het die mans gelyktydig begin praat. Ja, so moet dit wees, het hulle eenparig gese. Na die Gwali-sendelingstasie kan die vroue gaan, die ou opperhoof Gaika het gesweer dat sy manne niemand in daardie plek sal aanval nie. Met verwese gesigte het hulle na die protesterende vroue gekyk, alreeds verby begrip van liefde en wanhoop. Dit het al meteens verskriklik belangrik vir hulle geword; hulle het verstaan dat hulle eerbaar moes sterwe. En dit sou makliker wees as hulle alleen is.

Jane het Dick aan sy skouers geruk. “Ek gaan nie, hoor jy, hoor jy,” het sy gehyg en hom verwilderd aangestaar.

Hy het sy gesig weggedraai en skor gesê: “Jy moet gaan.”

Sy het haar teen hom aan gewerp, sy afwerende hande en arms gesoen, en hartstogtelik geroep dat sy hom nie gaan verlaat nie.

“Dink aan ons toekoms, dink aan ons toekoms,” het hy moeg herhaal.

Toe het hy haar ineens aangekyk met so ‘n smartlike verwyt in sy oë dat haar hande langs haar sye geval het. Want in dié oomblik het sy besef dat sy trane verskrikliker as sy dood sal wees, dat sý moet verhoed dat die lewe só gebreek word.

‘n Beeld van ‘n einde waar hulle langs mekaar sterwe, vlam voor haar op, en sy begryp oombliklik dat dit daardie vernedering is waaraan hy dink. Vir sy ontwil moet dit wees. Vir haar ontwil.

En sy het omgedraai en ver agter haar geslote ooglede die felle sonlig gevoel en gehoor hoe daar geroep word na buite.

Haar mond het oopgegaan in aaklige verbasing. Alles sal verby wees, alles, altyd, verby. ‘n Ewigheid van arbeid onder ‘n klippereën. Toe Dick se stem soos ‘n hees snik kom en hy sê: “Hulle rand nooit vrouens en kinders aan nie,” het sy omgedraai sonder om hom te mag soen of die kosbare afskeid te mag neem.

Sy het stom voortgegaan, met haar hande oor haar mond geklem, te midde van die kermende vroue, en sy moes nie soos hulle losgeskeur en uitgestoot word by die nou deur nie.

Sy het voortgegaan tussen die grynsende dromme swartes deur, regop, blind, en skaars met struikeling. Geen hand is na haar uitgesteek nie, sy het niks gesien nie, en sy het nie eenmaal omgekyk om te sien of die ander haar volg nie.

Agter die vlugtende vroue het die skote en kafferrumoer al dowwer en dowwer geklink. Toe dit aand word en die westerlug voor hulle rooi kleure soos bloed kry, het dit heeltemal stil geword agter hulle.

Van die heuwel waar hulle gaan staan het om terug te kyk, kon hulle ‘n rooi gloed en swart wolke rook sien bo die bosse en klowe in die verte. En ‘n doodse stilte. Die einde.

Jane het weer aangestap. Skaars ‘n myl vorentoe het Gwali en veiligheid gewag. En terwyl sy haar voete een vir een vorentoe dwing, kon sy net aan een ding dink; aan Dick. Sy het nie geweet waarom sy voortgaan om weg te stap uit haar eie lewe uit nie, sy kon net onthou dat iets groter as die dood nie mag sterwe nie.

каркасные бани фотоtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.