VSA skenk geld vir Kongolese verkragtingslagoffers

hillary clinton
Deel op

hillary clintonDie Verenigde State gaan ‘n program finansier om die tienduisende vroueslagoffers van seksuele geweld in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo te help, die Amerikaanse ambassade gister aangekondig.

“Hierdie projek van sewe miljoen dollar (R54 miljoen) verleen steun aan klinieke, hospitale en gemeenskapsentra vir vroue en kinders,” wat slagoffers van verkragtings was, het die ambassade in ‘n verklaring gesê.

Die projek, wat Espoir (Hoop) genoem is, is gesamentlik deur die Kongolese regering en die Amerikaanse ambassade geloods en word deur die USAID-ontwikkelingsagentskap gefinansier.

Die werk sal deur die nie-regeringsorganisasie, die Internasionale Reddingskomitee, uitgevoer word.

In die middel van Augustus het die Amerikaase minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, op besoek aan Goma, die hoofstad van die oostelike Noord-Kivu-provinsie, Washington daartoe verbind om saam met die regering in Kinshasa en verskeie instansies in die stryd teen seksuele geweld te werk.

Tienduisende vroue en jong meisies in die provinsies Noord-Kivu en Suid-Kivu is aangerand, ontvoer, verkrag en liggaamlik geskend deur lede van gewapende groepe, asook soldate van die Kongolese weermag, die FARDC, volgens die Verenigde Nasies.

free 5 poundФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.