Dis die demografie, onnosel!

Deel op

Bill Clinton het gesê: “It is the economy, stupid!”

Die Afrikaner se probleem en oplossing is netso voor die hand liggend: “Dit is die demografie, onnosel!”

Sonder ‘n noemenswaardige getalleoorwig in ‘n streek het die Afrikaner nie ‘n kat se kans om ‘n Volkstaat te bewerkstellig nie.

Na bykans twee dekades het Orania nog nie die 1,000 inwoners getallemerk oorgesteek nie.

Daar bly heelwaarskynlik meer Afrikaners in Silver Lakes as in die hele Noord Kaap.

Kan Silver Lakes, soos een inwoner voorgestel het ’n “volkstaat” word? Ek twyfel, gesetel in die vyandige City of Tswana.

Sal die Silver Lakes Afrikaners ooit na Orania verhuis? Ek twyfel – veel eerder na Perth!

Voel hulle iets vir die Afrikaner saak? Ek twyfel, met hul kinders in privaat Engelse skole en hul politieke tuiste die DA.

Die Afrikaners van Silver Lakes en sootgelyke “veilge” woonbuurte het geld en vaardighede wat hulle wêreldburgers maak.

Daar is egter ‘n baie groot gros Afrikaners wat toenemend in armoede verval en wat in plakkerskampe versamel. By baie van hulle is sosiale probleme maar baie het in die halglike omstandighede verval deur geen fout van hulle eie nie.

Dit is by die groep wat die demografiese oplossing lê. Fasiliteer die migrasie van die ontredderdes om op groot skaal na die Noord Kaap, langs die Orania rivier te migreer.

Orania bied ‘n model maar is nie noodwendig die enigste node vir die Nuwe Trekkers nie.

By sulke gebiede moet streng diisipline heers – een misstap en jy is uit. As model kan die Departement van Waterwese se “suksesresep” wat by Waterwese dorpies en besproeingsskemas ontwikkel is, gebruik word. Huisvesting kan maar karig wees – klem op wek, opbou, groot gesinne.

Ons wat nie self fisies daar bly nie kan finansieel bydrae om dit vir ander moontlik te maak – soos die Jode in die diapora wat Israel ondersteun.

En wie weet, miskien lyk die demografie in die Noord Kaap heel anders oor 20 jaar of so.

 

online games no deposit bonusДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.