Witman is bedonnerd

Deel op

Boetman, jy was miskien de bliksem in, maar Witman is sommer bedonnerd!

Na aanleiding van Patricia de Lille se versoek dat blankes om verskoning vra, wil ek as 54-jarige blanke man om verskoning vra.

1.Ek vra nederig om verskoning dat my God se naam so lasterik gebruik word in die meeste TV-programme en flieks, nadat die meerderheid beheer oorgeneem het.

2. Ek vra nederig om verskoning dat ons ‘n mooi skoon land aan die meerderheid gegee het.

3. Ek vra nederig om verskoning dat ons ‘n eerstewêreldland aan die meerderheid gegee het en ek is jammer dat ons nou ‘n derdwêreld- ontwikkelende land is.

4. Ek vra nederig om verskoning dat ons aan die meerderheid ‘n land gegee het waar die paaie gereeld onderhou is en dat ons nie geweet het wat “slaggate” is nie.

5. Ek vra nederig om verskoning dat ons soveel regeringshospitale van hoogstaande gehalte agtergelaat het, waar die meerderheid verniet mediese sorg kon kry.

6. Ek vra nederig om verskoning omdat ek my belasting pligsgetrou betaal en ek vra verder om verskoning dat ek nie meer kan betaal sodat regeringsamptenare meer in hulle sakke kan steek nie.

7. Ek vra nederig om verskoning omdat ons ‘n baie goeie en gratis onderwysstelsel aan die meerderheid agtergelaat het. Verder vra ek om verskoning dat ons as blankes soveel onderwysers opgelei het en soveel onderwyskolleges gehad het.

8. Ek vra nederig om verskoning dat ons as ‘n handjie vol blankes soveel miljoene mense aan die lewe gehou het.

9. Ek vra nederig om verskoning dat ons ‘n goeie Polisiediens gehad het, wat nie bang was om misdadegers vas te vat nie.

10. Ek vra nederig om verskoning dat ons soveel mooi en wêreldklasstede kon bou.

11. Ek vra nederig om verskoning dat ons onder druk van die meerderheid die doodstraf afgeskaf het.

12. Ek vra nederig om verskoning dat misdaad in die land handuit geruk het.

13. Ek vra nederig om verskoning dat daar elke paar sekondes ‘n vrou of kind verkrag word.

14. Ek vra nederig om verskoning dat dit veiliger in Irak se oorlogsgebied is as wat dit hier in Suid Afrika is.

15. Ek vra nederig om verskoning omdat ek nie opgewonde raak as ministers en staatsdepartemente my geld verkwis op groot onthale en duur motors nie.

16. Ek vra nederig om verskoning dat die land se bestuurlisensiestelsels in chaos gedompel is.

17. Ek vra nederig om verskoning dat meeste van die munisipaliteite in geldelike verknorsing verkeer.

18. Ek vra nederig om verskoning dat ons eens skoon riviere en damme vol riool gepomp word omdat die meerderheid mense nie hulle werk doen nie.

19. Ek vra nederig om verskoning dat ons ongerepte natuurbronne deur gretige amptenare van die meerderheid verkoop word aan geldgierigge ontwikkelaars.

20. Ek vra nederig om verskoning dat die 10 beste munisipaliteite in die land in die Kaap is en deur die DA beheer word.

21. Ek vra nederig om verskoning dat die SAUK in geldelike verknorsing verkeer en dat ons na derderangse gemors moet kyk.

22. Ek vra nederig om verskoning dat ‘n persoon wat 4 jaar gelede nie goed genoeg was om by die SAUK te werk nie, en uit die gebou gehelp moes word, weer by die SAUK as bestuurshoof aangestel is.

23. Ek vra nederig om verskoning dat ESKOM nie genoeg krag aan die land kan voorsien nie en ons nou vir die gelag moet betaal.

24. Ek vra nederig om verskoning dat die meerderheid nie wou luister en die beplanning wou deurvoer wat die blankes by ESKOM vir hulle gelos het nie.

25. Ek vra nederig om verskoning dat ons toegelaat het dat daar soveel plakkerskampe opgerig is, waar die meerderheid vuur kan maak en die lug vol koolsuurgas pomp om aardverwarmimg aan te help.

26. Ek vra nederig om verskoning dat daar twee stelle wette is, een wat die magtige politici beskerm en een vir ons gewone burgers.

27. Ek vra nederig om verskoning dat dat ons toegee het aan SEB, sodat die meeste van ons breinkrag oorsee moes gaan om werk te kry.

28. Ek vra nederig om verskoning omdat daar soveel hoogs gekwalifiseerde wit ingeneurs in ons land bestaan wat nie die RA-poste in minusipaliteite, by ESKOM, Sasol en regeringsdepartemente kan vul nie.

29. Ek vra nederig om verskoning dat ons nou met derderangse breinkrag in die land sit, soos Kubane, Pole en Russe wat nie eers Engels, wat nog te sê Afrikaans, kan praat nie.

30. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie geglo het dat MIV Vigs veroorsaak nie.

31. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie geglo het dat beet, Afrika-aartappels en knoffel Vigs kan genees nie.

32. Ek vra nederig om verskoning dat ons gesondheidstelsel so onregverdig is dat ‘n persoon wat status het voor in die ry kan gaan staan vir ‘n nuwe lewer, en dat mense wat al jare wag op nuwe lewers dit nie kan kry nie.

33. Ek vra nederig om verskoning dat ons soveel jare aan die werkloosheidsfonds betaal het, en as jy dan op pensioen gaan geen voordeel daaruit trek nie.

34. Ek vra nederig om verskoning dat kospakkies aan die armes “’n-stem-vir-my-in-die-volgende-verkiesing-pakkie” geword het.

35. Ek vra nederig om verskoning dat die taxi’s die paaie beheer en kan doen net wat hulle wil, waar hulle wil en wanneer hulle wil.

36. Ek vra nederig om verskoning dat dit slegs blanke boere is wat deur die Landbank gedagvaar gaan word vir agterstallige skuld.

37. Ek vra nederig om verskoning dat daar miljoene rande bestee word aan opkomende boere, en dat hulle nie weet hoe om die geld aan te wend nie.

38. Ek vra nederig om verskoning dat baie produktiewe plase van blankes afgeneem is en aan die massas gegee is en dat al daardie plase so verval het dat geen mens meer daarop kan boer nie.

39. Ek vra nederig om verskoning dat daar soveel korrupsie is die land is, dat jy van ‘n regter tot ‘n verkeerskonstabel kan omkoop.

40. Ek vra nederig om verskoning dat dat die tyd toe die aandklokreël gegeld het, daar nie soveel moord en roof was nie.

41. Ek vra nederig om verskoning dat die mense in die aandklokreël se tyd op hulle stoepe kon sit en kuier en dat mense met oop voordeure en oop vensters sonder diefwering kon leef.

42. Ek vra nederig om verskoning dat ek deesdae duisende rande moet betaal om my huis en ander eiendom te beskerm teen mense wat nie weet wat die verskil tussen reg en verkeerd is nie.

43. Ek vra nederig om verskoning dat mens jare gelede werktrots gehad het en geweet het wat is dienslewering en dat ons nooit ure in ‘n tou moes staan om iets eenvoudigs soos ‘n water-en-ligterekening te betaal nie.

44. Ek vra nederig om verskoning dat dat mense wat mediese parool kry, nie siek is nie.

45. Ek vra nederig om verskoning dat die huidige skoostelsel mense opvoed wat nie eers kan lees, skryf of spel nie, sodat die universiteite traag is om die mense toe te laat.

46. Ek vra nederig om verskoning dat dat die matriekstandaarde so verlaag is om die onderwysdepartemente goed te laat lyk.

47. Ek vra nederig om verskoning dat daar onbevoegde mense in die parlement en in ander poste sit wat nie daarvoor gestudeer het nie en dus nie daar hoort nie.

48. Ek vra nederig om verskoning dat vriende en familie in poste aangestel word met buitensporige salarisse.

49. Ek vra nederig om verskoning dat ons belastingbetalersgeld moet betaal vir regsonkostes van amptenare wat hul posisies misbruik het en gedink het hulle staan bo die wet. Dink net hoeveel huise kon ons met die geld gebou het vir die arm mense.

50. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie helde van die meerderheid vereer en verafgod as hulle in hulle boeke erken dat hulle opdrag gegee het om onskuldige mense, wit en swart, te vermoor nie.

51. Ek vra nederig om verskoning dat ek lief is vir my kinders en nie ontken dat hulle bestaan nie, en hulle glad nie besoek of in hulle belangstel nie.

52. Ek vra nederig om verskoning dat mense wat ver links was, ontnugter is deur die huidige situasie.

53. Ek vra nederig om verskoning dat ek nou bedonnerd is om elke keer jammer te sê vir dinge waarvoor ek nie verantwoordelik is of was nie.

54. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie mense se voete te was om te se ek is ‘n JAMMERGAT AFRIKANER nie.

55. Ek vra nederig om verskoning dat alles wat swart is OK is en alles wat wit is weer sleg.

56. Ek vra nederig om verskoning dat rassiste net wit teen swart is en nie swart teen wit nie.

57. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie so onnosel is om oorsese regerings en maatskappye te dagvaar omdat hulle die huidige regering ondersteun nie.

58. Ek vra nederig om verskoning dat ons land se Vigsbesmetting die hoogste ter wêreld is en dat dit ‘n komplot van die wit rassiste is.

59. Ek vra nederig om verskoning dat as ek iets verkeerd doen, ek dit op die vorige regering kan blameer.

60. Ek vra nederig om verskoning dat ons blanke soldate wat ons land lief gehad het en bereid was om ons lewens vir ons land op te offer, nou “wit gemors” is.

61. Ek vra nederig om verskoning dat ‘n sekere jeugleier se bek nie groter is, sodat hy groter verdeeldheid tussen die regerende party en sy vennote kan veroorsaak nie.

62. Ek vra nederig om verskoning dat ek ongelukkig nie genoeg geld het om ook die land te verlaat nie.

advertising cost onАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.