Joernalis of politieke ideoloog?

Deel op

Die joernalis Leopoldt Scholtz van Media24 se poging om denke te manipuleer deur goed georgestreerde en subtiele verdraaings van feite deur woordkeuses in die Burger en Rapport, het nie ongesiens verby gegaan nie.

Scholtz trek duidelik paralelle tussen die Nazi’s se moordsuiweringsideologie en apartheid. Laasgenoemde was natuurlik eerder die teenpool van die Nazi-ideaal aangesien swartes se lewensverwagting dramaties gestyg het onder afsonderlike ontwikkeling.

Dit is juis die ANC-regering wat homself skuldig maak aan ongebakerde rassisme en Nazi-moordsuiwering met RA, SEB en Vigsontkenning wat ‘n dalende lewensverwagting vir hul eie mense beteken.

Die Switserse teenstand teen minarette beskou hy as verbreking van die Europese Handves van Menseregte en volg dit op met subtiele dreigement dat die Europese konstitusionele hof waarskynlik die besluit gaan veto.

Daarmee vereenselwig Scholtz hom met die linkse denkstroom, let wel, en nie die hoofstroom in Europa nie. Is die man ‘n verslaggewer of ‘n politieke ideoloog?

Die Franse se openbare gesprek oor nasionalisme wat deur Eric Besson in opdrag van Sarkozy van stapel gestuur is word op neerhalende wyse, na verwys – as nasionale identiteit van die Franse burgers wat dit as n “gegewe” beskou – “soos die son wat elke oggend in die Ooste opkom” en dan volg Scholtz dit op met n verdere – “Die Franse het dit dus as vanselfsprekend beskou dat ieder wat met hulle kultuur in aanraking kom (let op die vervanging van die woord immigrant deur – in aanraking kom) die “meerderwaardigheid daarvan sal erken” n goed gemikte te hou na die blanke Afrikaners. Daar word ook op dieselfde neerhalende wyse na ‘n paar ander lande se reaksie verwys as “Europese vrees”.

Wat Scholtz egter nalaat om uit te wys is dat hierdie immigrante nie bereid is om aan te pas by die land wat hulle aanvaar het as deel van hulle mense nie – en arrogant daarop aandring dat hulle volksvreemde kultuur gelyk – of nog meer – voorkeurreg het. En dit dmv terreur sal afdwing!

Mens kan daarop let dat die hoofstroom van hierdie tipe arrogante vergrype hoofsaaklik gepleeg word deur immigrante van derdewêreld oorsprong.

Dit is dan juis weens hierdie verdringing van volkseie taal en kultuur deur volksvreemde immigrante waarteen die onderskeie Westerse lande in opstand kom en juis vreesloos begin aanspreek.

Hierdie tendens van vernietiging van eerstewêreldstandaarde deur derdewêreld indringers moet gestuit word in hulle eskalerende momentum – want die gevolge sal sonder enige twyfel, katastofiese wees vir die hele wêreld.

 

play free onlineпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.