Tata Indica Vista maak stewige indruk

Vista voor
Deel op

Vista voorHoor ‘n mens die woord Tata en motor in een sin dan begin almal te lag. “Tatta” is nou meer eenmaal ‘n kinderlike en gemeensame woord in Afrikaans wat kwalik met motors geassosieer word. Die Indiese reus van ‘n motorvervaardiger doen al amper 60 jaar sake, maar plaaslik is Tata eers sowat enkele jare gelede aan ons bekendgestel. Tata het ook onlangs die luukse Westerse vervaardigers  Land Rover en Jaguar aangekoop, so die luukse tradisionele Britse ikone word nou deur Indië beheer en bestuur.

Vista agterTata se Indica-reeks is nou nie eintlik iets om oor opgewonde te raak nie, maar hy het goed met die prys van die Citi Golf meegeding. Die Citi het afgesterf, maar die Indica hou steeds die Tata-vlag hoog in die plaaslike mark. Ons het by die laaste Auto Africa-motorskou kennis gemaak met die vervanging vir die Indica, die Vista, of so het ons gedink. Die Vista gaan nie eintlik  die Indica vervang nie, maar kom so ’n trappie bo die Indica in die mark in.

Bougehalte

vista binneKyk mens na die bougehalte en materiaal wat in die Indica gebruik is, kon enige iets ‘n verbetering daarop gewees het, maar in die nuwe Vista is dit asof die ingeneurs die basiese motor baie goed aanmekaar gesit het . Net die klein detailgoedjies soos die vensterslingers en -armpies om die spieëltjie te verstel,  is maar nog baie kostedoeltreffend en dus van gebrekkige gehalte. Die bakwerk binne en buite is goed gemonteer met geen ratels of skewe paslyne nie. Die deure maak ook ‘n meer soliede geluid wanneer hulle toegemaak word. Daar is klankdempende doek onder die enjinkap en in die agterse luikdeur. Die deure voel ook stewiger. Die sitplekke en veral die paneelbord gedeelte voor die voorste insittendes voel en lyk duursaam. Ons moet onthou dat die Vista maar nog steeds ‘n intreevlakmotor is; ‘n segment-B-motor met die Renault Sandero en Cherry J1 as mededingers. Kyk ‘n mens na die prys dan is dit weereens moeilik om te glo wat motors kos. Die Tata Indica Vista Ini wat ons toets, is R120 000. In dié reeks is daar drie modelle: die basismodel Ini, die Aura en die vlagskip Ignis . Die verskil wentel om die toerustingsvlak. Daar is net een enjin en dit is die Safire 1,4 liter brandstofinspuitingseenheid met agt kleppe wat 55 Kw se krag lewer. Die vlagskip Ignis se eenheid is wel met sestien kleppe toegerus wat sy kraglewering na 65 Kw opstoot.

Waarde vir geld?

vista binne sitplek afWel die Vista  Ini ry soos ‘n veel groter motor en voel stewig. ‘n Mens sit bietjie hoër as in ander B-segmentvoertuie en dit neem ‘n rukkie om daaraan gewoond te raak. Ratskakeling is glad en presies en die onderstel voel ook asof dit deel van die motor is en nie soos die vorigegenerasie-Indica dat die ding los is nie. Toerusting in die Ini is nou nie iets om oor huis toe te skryf nie, daar is geen lugsakke, geen ABS, geen elektriese ruite of buitespieëls nie. Eintlik is daar basies net ‘n lugversorger en radio-CD speler. Die Ini het wel misligte voor en agter, sentrale sluiting al is dit nou met die sleutel sonder ‘n afstandbeheer. Daar word ook ‘n 3 jaar 100 000km-waarborg en ‘n 3 jaar diensplan ingesluit.

Kortom, ‘n mens kry al die bogenoemde goed en meer in die Cherry J1 vir minder geld. Die Renault Sandero bied ook meer vir dieselfde geld. Beide die motors het ABS of EBD en/of lugsakke standaard. As jy anders wil wees, koop die Tata, maar daar is definitief beter waarde vir geld by die Sjinese Cherry of die Roemeense Renault wat nog plaaslik gebou word ook.

Met ons toetsritte kon ons maklik die 155km/h wat Tata as die maksimum snelheid aangee haal. Die brandstofverbruik is ook heel skaflik teen 7,5 l/100 km.  Padgeraas en enjingeraasvlakke is besonders goed vir die segment en dit is weereens te danke aan die klankdigtheidsmateriaal in die deure en ander panele. Die Vista is ‘n gemaklike motor met net so effense klein laairuimte, maar dit is ‘n stadsmotor dié, nie ‘n gesinsmotor nie. Hy sal maklik parkeer en die sig rondom is baie goed. Daar is min fout met die kwaliteit en veral materiaal wat gebruik is in die motor, net die prys lol so effens. Tata moet dalk dink daaraan om veral die basismodel, die Ini nader aan die R100 000-kerf te plaas of die toerustingvlak te verbeter  deur basiese veiligheidstoerusting soos ABS-remme en ten minste ‘n lugsak vir die bestuurder by te voeg.

Gevolgtrekking

Die Tata Indica Vista is ‘n segment-B-motor; streng gesproke ding hy met motors soos die Fiat Panda, Mazda 2, Ford Fiesta, Daihatsu Sirion, Hyundai Getz, Peugeot 207, Renault Clio, VW Polo asook, Chev Aveo en Cirtoen C3 mee. Maar om een of ander rede bestaan daar eintlik nog ‘n sub-segment tussen segment  A wat klein  stadsmotortjies soos die Hyundai i10 en Chev Spark insluit en segment B wat supermini’s soos bogenoemde is. Dit is die tweederangse of “B”-span segment-B-motors, die motors wat in ‘n poging om seker maar die prys laag te hou met effens minder moeite en bietjie swakker gehalte materiaal en in sekere gevalle baie goedkoper arbeid aan ons opgedis word. Dis nou net hier waar die Tata Vista, die Chery J1 en die Renault Sandero, asook die GWM Florid in pas. Dit is ook in hierdie geselskap dat die Vista dan bietjie duur is vir wat hy bied – veral ten opsigte van sy veiligheidstoerusting.

Vergelyking van motors in die B-segment
Motornaam         
Enjinverplasing 
Kraglewering 
Brandstofverbruik 
Standaardtoerusting 
Prys        
Tata Indica Vista 1368cc 55kW 7,5 l/100 km * * R119 900
Renault Sandero 1598cc 64kW 8,46 l/100km * * * R119 800
Chery J1 1297cc 61kW 8,81 l/100 km * * * * * R114 900
GWM Florid 1497cc 77kW 7,61 l/100 km * * * * * R109 990
Chev Aveo 1598cc 77kW 8,76 l/100 km * * * R126 970
Hyundai Getz
1399cc 70kW 8,01 l/100 km * * * R127 900
Sterstatus – Tata Indica Vista Ini
Voorkoms * * * * Verrigting * * *
Toerusting * * Prys *
Klaswenner GWM Florid R109 990

светильники потолочные встраиваемыеДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.