Ope brief aan Mbeki oor ‘Tshwane’

Pres. Thabo Mbeki,
Uniegebou
Pretoria

Meneer

Ons skryf hierdie brief namens 87 000 (en wat daagliks toeneem) ontstoke TV-kykers wat ons veldtog Pretoria bly Pretoria steun teen die onetiese, onredelike, kwaadwillige indien nie korrupte optrede deur die nuusskrywers wat aanhoudend praat van TSHWANE in hulle nuusberigte, in plaas van PRETORIA.

Daar is baie voorbeelde van hierdie wangedrag, maar ek wil graag die nuusberig op SABC2 van Woensdag 1 November 2006 waar berig is oor mnr PW Botha se afsterwe, onder u aandag bring. In hierdie berig is gesê dat mnr Botha nie ‘n staatbegrafnis verlang nie en dat hy ook nie in die Heldeakker in TSHWANE begrawe wil word nie. Die feit is dat die Heldeakker in PRETORIA is. Botha sou nooit die naam Tshwane gebruik het nie, bloot omdat Tshwane nie bestaan nie.

Waarom is die ANC en die SABC so gretig om ons kultuurerfenis te vernietig deur die name uit te wis van Afrikaners wat hierdie land ontwikkel het met hulle vaardighede, kennis, ywer, deursettingsvermoë en vernuf? Dit kan sekerlik nie bydrae tot rekonsiliasie of nasiebou nie. So, waarmee is u en u kaders besig?

Die Amerikaanse politieke kommentator, eerwaarde Robert Slimp het in die Edgefield Advertiser van 30 Mei 1990 geskryf: “The ANC has ‘n hidden agenda. This is the complete destruction of the Afrikaner race, language, culture and even religion…. From 1960 the Communist radio transmissions beamed at South Africa… continuously emphasized that the Boer government and their racist Afrikaans language are the suppressors of the black majority and must be destroyed”.

Daar is min rede om te dink dat hierdie opvattings en oogmerke nie steeds bestaan in die kringe waaruit slagspreuke soos “Kill a Boer, kill a farmer”, One Settler, one bullet” en “Bring my masjiengeweer” alla Zuma gebore word nie.

Die meeste Pretorianers wil hê dat Pretoria Pretoria moet bly. Pretoria was in 1855 deur MW Pretorius op die plase Elandspoort en Koedoespoort gestig. Hierdie plase het hy spesiaal aangekoop vir die doel. Vanjaar vier ons die 151ste verjaardag van hierdie internasionaal erkende stad, Pretoria.

Pretoria is vernoem na een van die Afrikaners se grootste helde, naamlik die Voortrekkerleier Andries Pretorius. Hy het die ontwikkeling na die Binneland gered deur Dingaan se magte by Bloedrivier te verslaan. U sal onthou dat die trek op ‘n mespunt was na die verraderlike dood van Piet Retief en Piet Uys en die afsterwe van Gerrit Maritz, en die aanvalle van Dingaan se impi’s op die trekkers by Blaauwkrans, Weenen en Moordspruit. Baie trekkers het dit oorweeg om terug te gaan na die Kaapkolonie. Was dit nie vir ‘n Andries Pretorius wat op daardie tydstip op die toneel verskyn het nie, sou die ontwikkeling na die binneland met minstens vyftig jaar vertraag gewees het.

Volgens navorsing deur prof Louis Louwrens van Unisa is daar geen bewyse van die bestaan van ‘n swart kaptein Tshwane nie, en berus die hele basis van die Tshwane Metro Munisipale Raad se redenasie op hoorsê. Volgens prof Louwrens wat ‘n kenner van swart tale is, is Tshwane die naam van ‘n swart koei. Maar nie enige swart koei nie. Dit is ‘n koei wat gebruik was in reënmaakseremonies. Die toordokter het sy muti op die koei gesmeer en oral waar die koei geloop en mis het, sou dit vrugbaar wees en reën. U sal dus besef dat hierdie naam vir ons as Christene onaanvaarbaar is.

Wat die SABC aanbetref het, ons reeds briewe aan mnr Snuki Zikala, die SABC nuushoof en mnr Dali Mpofu, hoof uitvoerende beampte van die SABC, geskryf om ons misnoë te kenne te gee. Dit val op dowe ore.

Dit is onbetaamlik om belastingbetalersgeld of die openbare uitsaaier te gebruik in u ooglopende breinspoeling en kondisionering vir slinkse politieke redes.

Die handtekeninge wat ons versamel is nie om u te probeer beindruk of te oortuig van ons saak nie. Dit is ‘n streep wat ons getrek het en elkeen wat dit geteken het betuig daarmee sy verset teen u knoeiery en magsmisbruik.

U moet asseblief hiermee kennis neem dat u te doen sal kry met die nageslag van Bloedrivier.

ВагонкаФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.