Richie Ramsay van Skotland het die SA Ope-gholfkampioenskap Sondag by Pearl Valley Gholf-landgoed naby die Paarl gewen nadat hy teen Shiv Kapur van Indië te staan gekom het.
Beide spelers het 13 onder baansyfer geëindig in Sondag se ronde en by die 18de uitspeel-gaatjie het Ramsay net vier houe nodig gehad om die titel te verower.
Kapur se vierde hou was sowat vyf meter van die gat.
Die SA Ope, nou in sy 99ste jaar, is die land se oudste professionele gholfkampioenskap en word gehou in samewerking met die Europese Toer, Sunshine Toer en die Suid-Afrikaanse Gholfvereniging, Saga.
Pearl Valley was die laaste drie jaar die aanbieder van dié geleentheid, maar dit gaan waarskynlik volgende jaar by die Durban buiteklub gehou word vir die 100de viering van die toernooi.