Aardbewing skud Malawi

Deel op

‘n Sterk aardbewing het talle geboue in Malawi vernietig en die dood van minstens drie mense veroorsaak.

Sowat 200 ander is beseer en 270 000 inwoners is gevra om hul huise te verlaat.

Die Karongadistrik in die noorde van die land benodig sowat 48 000 tente en mediese toerusting om mense te huisves en reddingswerk te vergemaklik.

Volgens Gasten Macheka, kommissaris vir dié distrik, is inwoners gevra om nie binnenshuis of dit naby huise te waag nie omdat die situasie nog onstabiel is.

“Ons vra die regering en internasionale gemeenskap om hulp met die saak,” het hy gesê.

Die aardbewing het 6.0 op die Richterskaal gemeet.

 

дитячи машинилобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.