Verspreiding van Afrikaans

Koikoi aanbid die maan
Deel op

Koikoi aanbid die maanVroeg in die negentiende eeu het reste van die Koikoi-stamme van die Kaapkolonie die gebied noord van die Oranje, dit wil sê die huidige Namibië, binnegetrek. Hulle was bekend as die “Orlams” of “Oorlams”. Dié benaming kom via die 17de-eeuse Nederlands van die Maleise orang lama (datang), “iemand wat al lank gelede (na die Ooste) gekom het”. Dit het in Afrikaans die betekenis van “bedrewe”, “geleerd” en “uitgeslape” gekry.

Die Oorlams was met wittes en weggeloopte slawe vermeng. Hul trek was deel van ‘n algemene beweging van die Koikoi om sover moontlik van die wittes af weg te kom. Die blankes het van die 18de eeu af die Olifantsrivier oorgetrek, baie Koikoi verdring van hul woonplekke en Klein-Namakwaland in besit geneem.

Die Oorlams wat die huidige Namibië binnegetrek het, was Jan Boois se stam, die stam van Berseba, die stam van Gobabis, die Afrikaanderstam (“die strydlustige volk”) onder leiding van Jonker Afrikaner en heelwat later, in 1863, die Witboois. ‘n Bepaalde variëteit van Afrikaans is dus dié gebied ingebring deur mense wat nie baie gesteld was op die wit sprekers van die taal nie.

H. Vedder, kenner van die voorgeskiedenis van Namibië, skryf dat “die Boere” nooit ‘n goeie naam onder die inheemse mense van die gebied gehad het nie. “Dit was veral die Oorlams wat uit die slawetyd herinnerings bewaar het, en die Boere in ‘n slegte lig gestel het.” Hulle het gevrees dat die Boere baas wou word van die gebied.

Verhoudinge met die Koikoi was een van die sake waaraan die eerste Kaapse goewerneur, graaf Caledon, aandag moes gee. Daar was altyd die gevaar dat die Koikoi en die Xhosas kon saamstaan en die boere van hul plase verdryf. Caledon wou aan die rondtrekkery van die Koikoi ‘n end maak. Daarom het hy in 1809 ‘n proklamasie uitgereik wat die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika ‘n duidelike beleid teenoor die Koikoi neergelê het. Hul stamhoofde sou nie in die vervolg erken word nie, en die Koikoi moes, net soos die wittes, vaste woonplekke hê en die wette van die land gehoorsaam.

Gevolglik mog ‘n Koikoi nie sonder verlof van ‘n landdros of fiskaal van die een distrik na ‘n ander verhuis nie. Elke Koikoi moes ‘n pas hê, en wanneer hy langer as ‘n maand by ‘n boer moes werk, moes hy ‘n huurkontrak opstel wat die landdros of fiskaal moes onderteken.

Weens klagtes wat hom van alle kante bereik het, het Caledon lt.-kol. Richard Collins aangestel wat sake in 1809 behoorlik ondersoek het. Sy verslag was ondubbelsinnig. Algehele skeiding tussen wit en swart het hy as die enigste oplossing vir die grensmoeilikheid beskou. Dit sou die beste wees as die gebied tussen die Keiskamma- en die Visrivier onbewoon bly.

Hy het ook aanbeveel dat net die Morawiese Genootskap onder die Koikoi moes kon werk. Die Morawiërs het in 1808 verlof gekry om nog ‘n sendingstasie by Mamre op te rig. Maar Caledon wou nie ‘n openlike stryd met die Londense Sendinggenootskap hê nie, en die sendelinge J. Read en J.T. van der Kemp van dié genootskap het hul werk op Bethelsdorp voortgesit.

отделочные материалы для ваннойалександр лобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.