Woorde, soos klere, vir elke plek en geleentheid

Pieter Mulder se boek Kan Afrikaners toyi-toyi? is ’n goeie present vir die Kerskous van vriende en familielede wat nog glo aan die utopie van vreedsame swart-wit naasbestaan. (Regdenkende vriende en familielede hoef natuurlik nie afgeskeep te word nie.) Dit roer gesonde verstand, gebore uit die ervaring van die praktyk, in die pappot van die mitiese reënboognasie. Hoewel die pappot seker lankal vervang is deur ’n emmer van die kolonel se gebraaide hoender, tjips en Coke.

Ek is al geruime tyd besig om die boek te lees (tesame met so ’n dosyn ander), en dis elke keer ’n groot lekkerte om dit weer op te tel en verder te lees. Dis ’n boek wat jy met potlood en liniaal lees, waar jy bladsye met plakkertjies merk, want dr. Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus in die Parlement, trek die gordyn weg voor die vreemde en chaotiese weë van die voormanne en -vroue van ons melanienbevoordeelde landgenote.

Na alles ís ons nie dieselfde nie, dínk ons nie dieselfde nie, dóén ons nie dieselfde nie, ondanks die pienk broeders en susters se sterk aandrang dat daar net ’n pigmentverskil tussen wit en swart is. Nie dat enigeen met net ’n knypie gesonde verstand dit nog nie kon agterkom nie.

Een van die insiggewendste hoofstukke in dr. Mulder se boek gaan oor die waarde van woorde in die swart kultuur. Hy vertel van ’n keer toe dr. Mangosuthu Buthelezi van die Inkatha-Vryheidsparty by ’n jeugbyeenkoms op Ulundi in KwaZulu-Natal ’n woedende aanval op die ANC gedoen het. Die kern van sy boodskap was dat die ANC-leiers baie sleg vir Suid-Afrika is (wat’s nuut?). Wye publisiteit is aan sy toespraak gegee.

Die Maandag in die Parlement ys die blanke lede oor pres. Nelson Mandela se reaksie. Hul teekamer-gevolgtrekking is dat hy Buthelezi uit die Kabinet gaan skop en dat groot spanning en geweldpleging weer tussen ANC- en Inkatha-aanhangers gaan losbars.

Pres. Mandela sit egter ewe rustig en ontspanne in sy sitplek. Dr. Buthelezi kom ingestap. Toe hy verby Mandela loop, groet hy hom met die uiterste respek met sy hande in ’n gebedsposisie en ’n kopbuiging. Die twee wissel ewe gemoedelik woorde en deel selfs ’n grappie of twee.

Die blanke lede is stomgeslaan. Hoe nou? Later hoor dr. Mulder by ’n IVP-parlementslid dat sy “Westerse denke” oor die saak heeltemal verkeerd is. Hy kry toe die volgende lessie in Afrika-politiek:

“Meneer Mandela verstaan dat dáárdie plek, dit is nou Ulundi, vir daardie spesifieke woorde van die naweek gevra het en dat híérdie plek, die Parlement, vir ander woorde vra.”

As hy nie prof. Attie van Niekerk se boek Saam in Afrika gelees het nie, sou hy niks hiervan kon begryp nie, skryf dr. Mulder. Hy haal prof. Van Niekerk soos volg aan: “… dat taal dikwels nie gebruik word om feite en gevoelens waar en betroubaar te formuleer, om dit wat ons die werklikheid noem, presies weer te gee nie … Dit gaan … om voordeel te behaal – om mag, nie soseer om die waarheid nie. Daarom kan heftige woorde van een oomblik met handomkeer die volgende oomblik op hul kop staangemaak word as omstandighede verander. Daarin lê vir die Afrika-mens geen teenstrydigheid nie. Op ’n manier is die ‘ek’ wat nou die een ding sê, nie die ‘ek’ wat netnou ’n ander storie praat nie.” (Prof. Van Niekerk was jare lank sendeling, hoogleraar en studentedekaan by die Universiteit van die Noorde op Turfloop.)

In onderhandelinge kan dié dubbelpratery naïewe, goedbedoelende blankes tot groot nadeel strek. Prof. Van Niekerk verduidelik dat swartmense op een komitee of vergadering een standpunt of strategie geesdriftig ondersteun, terwyl hulle in ’n ander groep presies in die teenoorgestelde rigting werk – met ewe veel geesdrif. “Die teenstrydigheid kan ook oor lang tydperke volgehou word. Die een ding sluit die ander nie uit nie, soos ons dit wil hê,” skryf prof. Van Niekerk.

Is dit waarom die blankes in Suid-Afrika vandag kroonwild is? Omdat F.W. de Klerk en Roelf Meyer en kie naïewe idiote was met geen werklike kundigheid oor die Afrika-psige nie?

Is dit waarom Hansard, waarin die parlementêre debatte woordeliks en volledig aangeteken word, jare agter is? Watter nut het Hansard vir ’n swart regering? As gister se woorde nie vir vandag geld nie, is dit tog sinneloos om sorgvuldig boek te hou van wat gesê word.

’n Mens kan nie help om te dink aan George Orwell se Nineteen Eighty-Four nie, waar die diktatuur stelselmatig die feite in alle geskrewe rekords wat nie met die huidige omstandighede ooreenstem nie, aanpas of uitwis. Daar bestaan nie meer iets soos feite en waarheid nie – alles is relatief tot die gebeure van vandag tot voordeel van die regeerders.

Soos enigeen wat grootgemaak is in ’n Protestantse huis waar leuens verafsku is en jy eerder gestraf is oor ’n leuen as om met die stoutigheid vorendag te kom, is hierdie vertelling van dr. Mulder soos ys teen die rug af.

As jou woord nie jou woord is nie, is ’n beskaafde samelewing nie moontlik nie. Wette en waarborge is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Reg en orde bestaan tot die mate dat die omkoopgeld genoeg is. Korrupsie en bedrog is relatief.

Elke goeie woordjie van Jacob Zuma gestrooi in die rigting van die Afrikaner, elke besoek van hom aan ’n armblanke kamp, is gestroop van enige integriteit. Blote politieke opportunisme.

In sy laaste rubriek het wyle Chris Louw vertel hoe hartlik hy en die ander “lefties” destyds met die uitgeweke ANC-leiers gesels en drome gedeel het van ’n vrye en regverdige Suid-Afrika. Hoe kón sulke gawe manne die “vyand” wees? Te laat het die ontnugterde idealiste ontdek hoe die Afrika-mens in ’n magsposisie (wan)funksioneer … terwyl die hele Afrika as voorbeeld daarvan dien.

In Louw se woorde: “Dinge het drasties anders verloop as wat ons sogenaamde verloopte Afrikaners se verwagtinge was toe ons in die 1980’s ons eerste ontmoetings met die ANC-in-ballingskap gehad het.

“Die gesprekke in Dakar en Parys en Lusaka en Harare het oor beginsels gegaan – demokrasie, menseregte, die onafhanklikheid van die regbank, ’n regstaat … 
Vandag voel dit of ons onverwante betekenisse aan dieselfde woorde geheg het.”

Lees Louw se hele artikel en die insiggewende kommentaar van lesers daarop by hierdie skakel: Gereduseer tot slegs 6%.

Ek, vir een, hou glad nie my asem op dat die ANC se erkenning van foute – bv. die Eskom-en-Godsell-debakel, uitkomsgerigte onderwys, korrupsie by die bou van laekostehuise – enigsins veel in die praktyk gaan verander nie. Ten eerste is ’n onbekwame, domastrante, geldsugtige swart amptenaar met ’n magsobsessie ’n koeël op soek na ’n teiken … en die Kabinet, staatsdiens en elke openbare instelling wemel van hulle. Ten tweede: Hoeveel beloftes het ons nie al van die ANC aangehoor wat in die mis van die verlede verdamp het nie? Ten derde: Dis net woorde. Die regte woorde vir die regte geleentheid.

“Integrity is the first fundamental of prosperity. Anyone who has worked closely with Africans for any length of time knows that integrity is virtually unknown amongst them.” – Aanhaling op dié webwerf.

большого размера

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.