Is die meeste rugby-ondersteuners gay?

Watter een sou jy 'n saamrygeleentheid gee?
Deel op

Watter een sou jy 'n saamrygeleentheid gee?Beeld dra ‘n berig oor Sport24, wat ‘n peiling gedoen het waarin sy lesers ‘n hipotetiese keuse gegee word. Twee rylopers staan langs die pad. Een is John Smit en hy is laat vir ‘n rugbywedstryd. Die ander is die skoonheid (aldus Beeld) Lee-Ann Liebenberg, wat laat is vir ‘n skoonheidskompetisie.

Sowat 63% van die lesers het te kenne gegee dat hulle eerder vir Smit sou oplaai as vir Liebenberg.

Volgens Beeld is dit tekenend van hoe fanaties Suid-Afrikaanse mans glo oor hul sport sou wees.

Ummm….ja. Ek is nie so seker oor Beeld se gevolgtrekking nie. Dis soos om 250kg te weeg maar jouself dan wys te maak dis jou keuse van ‘n naskeermiddel wat jou maak sukkel met die teenoorgestelde geslag.

Is daar moontlik ‘n alternatiewe verduideliking vir die uitkoms van die peiling?

Alternatief 1: ‘n Reusepersentasie Sport24-lesers is gay.

Alternatief 2: Die meerderheid wat aan die peiling deelgeneem het, is fanatiese Haaie-ondersteuners.

Alternatief 3: Me Liebenberg voldoen nie aan die groot meerderheid rugby-ondersteuners se konsep van wie vir hulle ‘n skoonheid sou wees nie. Ek is uiteraard te polities korrek om te durf spekuleer waarom dit die geval sou wees.

продвижениеАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.