Raymond Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, is “woedend” oor die “onstellende beskuldiging” wat deur die SA Commercial, Catering and Allied Workers’ Union, Saccawu, gemaak is oor rassisme in die maatskappy.
Ackerman het in ’n verklaring Donderdag gesê dat Pick n Pay se geskiedenis oor die afgelope 43 jaar vanselfsprekend was.
“Beide die maatskappy en ek het beledigings aan die hand van voormalige politici moes trotseer weens ons standpunt oor menseregte vir swart Suid-Afrikaners,” het hy gesê.
Saccawu se lede by Pick n Pay het verlede week deelgeneem aan ’n eendag staking, waartydens die maatskappy se uitvoerende hoof van rassisme beskuldig is.
“Hulle het geen bewyse gehad vir hulle beskuldigings nie.
“Hulle het vae beskuldigings gemaak oor kommentaar wat na bewering ’n dekade terug deur ons uitvoerende hoof gelewer is,” het Ackerman gesê.
Hy het ook gesê dat Saccawu nie verduidelik het hoekom hulle ’n dekade gewag het voor hulle die klagtes geopper het nie.
“Ons uitvoerende hoof, Nick Badmington, het met sekerheid en sonder enige onbeslistheid gesê dat hy nooit so iets kwyt geraak het nie.
“Om dit op te som, dit is net snert.”