PRAAG inspireer ons almal

Deel op

Ek is bly om te hoor alles is weer in orde met die webwerf ná gister se probleem met julle databasis.

Dit is verbasend, en inspirerend, hoe julle dit regkry om onverskrokke en sonder einde, aan te hou om die boodskap te verkondig, mense in te lig, en terug te baklei vir die res van ons, en dít in die voorste linie waar dit die gevaarlikste is. Tog is dit die rede vir julle sukses. Niks wat die moeite werd is, kom sonder gevaar en opoffering, asook harde werk nie.

Ek raak soms moedeloos, maar dan word ek skaam vir myself wanneer ek weereens besef dat ek hier “gemaklik” sit in die buiteland, terwyl julle ouens soveel moet opoffer en op die spel plaas, om te kan doen, dít wat julle so ongelooflik goed doen, daar aan die onveilige kant van die laer.

So ek wil julle graag bedank, nie net vir julle harde werk nie, maar ook vir al die onselfsugtige opofferings wat julle maak en die gevaar waarin julle julleself en julle geliefdes plaas om vir ons te baklei. Ek besef dit is ‘n groot las en daarom wil ek julle spesifiek daarvoor bedank. Julle inspireer ons almal.

Baie dankie!

диагностика авто черезданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.