WB se veiligheidshoof is korrupte tronkbaas

Deel op

Image

Linda Mti, vorige DKD-hoof

Die plaaslike reëlingskomitee van die internasionale sokkerliggaam FIFA, het aangekondig dat Linda Mti, voormalige hoof van die Departement van Korrektiewe Dienste, aangestel is as die hoof: veiligheid van die Wêreldsokkerbeker in 2010. Mti moes by die DKD bedank weens aanklagte van korrupsie en dronkbestuur.

Deel op

 

Mti is ook anti-Afrikaans. In 2001 is studente van die DKD se Zonderwater-opleidingskollege met die dood gedreig deur amptenare van die departement omdat hulle hul eksamens in Afrikaans wou aflê. Mti het die gedrag van sy amptenare verdedig.

 

Kritiek is reeds uit die geledere van die DA se mnr. James Selfe uitgespreek. Volgens Selfe is Mti se aanstelling “ten beste voortydig en ten ergste swak oordeel”.

Die gewese gevangenishoof word sedert November verlede jaar deur die Staatsdienskommissie ondersoek weens ‘n botsing van belange. Mti het naamlik bande gehad met maatskappye wat terselfdertyd verskaffers van die DKD was. Ook in November 2006 het Mti onder die invloed agter in ‘n ander voertuig vasgery in die Johannesburgse spitsverkeer. ‘n Saak van dronkbestuur is teen hom aanhangig gemaak, maar intussen van die hofrol geskrap weens die departement van gesondheid se gesloer met die tersaaklike bloedtoetse.

дизайн гостинной с угловым каминомДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.