Bob na Kopenhagen

Deel op

Die eerste minister van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, president Hugo Chavez van Venezuela en president Robert Mugabe van Zimbabwe gaan die onderhandelaars by die internasionale klimaatsgesprek in Kopenhagen volgende week toespreek.

Die drie is ingesluit by die meer as 180 regeringsamptenare wat op die lys van die VN se sprekers verskyn vir die geleentheid. Elke staatshoof sal nagenoeg drie minute hê om die 700 afgevaardigdes, verslaggewers, waarnemers en burgerregtegroepe toe te spreek.

Die assistent-president van Soedan, Nafie Ali Nafie, sal Woensdag 12-uur die verrigtinge afskop.

Nafie is voorsitter van die G-77, ‘n groep van ontwikkelnde lande wat hard baklei vr meer geld van en strenger uitlaatbeperkings teen ryk lande.

Moestapha Zaher, direkteur-generaal van Afghanistan se Omgewingsbeskermingsagentskap (Environmental Protection Agency), sal die laaste spreker wees wat Vrydagmiddag sal praat.

Ander leiers wat die konfernesie sal toespreek sluit Saad Hariri, die eerste minister van Lebanon asook Franse president Nicolas Sarkozy in.

Ongeveer 110 wêreldleiers beplan om die geleentheid by te woon, ‘n ongekende aantal vir ‘n klimaatskonferensie.

Net ‘n klein aantal belangrike leiers sal egter hul verskyning maak. Pres. Barack Obama sal die byeenkoms Vrydag bywoon.

 

стенд сход развал купитьФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.