Besnydenis-dodetal styg

Deel op

Die dodetal van die Oos-Kaap se besnydenis dié seisoen het na 15 gestyg, het die provinsie se departement van gesondheid Vrydag gesê.

Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê dat die departement ingelig is van ‘n seun wat in Sterkspruit gesterf het oor die naweek.

Nog ‘n seun is Vrydagoggend by ‘n onwettige inisiasie-skool in Cradock dood.

Die oorsaak van die sterftes is nog nie bekend nie, maar die departement sal nadoodse ondersoeke op al die slagoffers laat uitvoer.

Kupelo het bygevoeg dat ‘n 17-jarige seun in Libode in die Transkei in hegtenis geneem is nadat hy glo twee 18-jariges besny het. Hy sal Maandag in die hof verskyn.

Die twee 18-jariges word in St. Barnabas hospitaal op die dorp behandel.

 

swarovski crystal bridaltopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.