Paniek onder Afrikanerintellektuele

Deel op

Ek wil dr. Dan Roodt bedank vir sy antwoord op my brief “Daar is geen Afrikaners meer nie” waarin hy my meedeel dat hy nie die brief gaan plaas nie, my dan vrae vra, en dan d.m.v. van sy e-posstelsel verhoed om terug te antwoord.

Ek aanvaar nou dat hy nie hierdie e-pos gaan antwoord nie, maar ek behou nou die reg voor om ons korrespondensie aan derde partye te toon.

Dit is nou duidelik dat hy ‘n (opbetaalde?) amptenaar van die VF+ geword het en dat hulle so bedreig voel dat hulle briewe, soos Naspers, gaan sensor.

Ek besef nou dat my hoop dat Praag ‘n oop debatsforum vir behoudende AfrikanersBoere gaan wees, effens misplaas was.Ons is weer terug op die 1930s-Broederbondmodel waar “slim” Afrikaners vir die res wil dink.

Dit is tans komieklik om te sien hoe hierdie “slim” Afrikaners, soos bv. Breyten Breytenbach en Herman Giliomee, wat hulle lewens daaraan gewy het om die Afrikanerdom af te breek tot vrydenkende individue, nou weer wil hê Afrikaners moet saamstaan en opstaan. Hulle jongste uitsprake en Roodt se optrede getuig van toenemende paniek oor die gevolge van hul optrede in die tydperk 1976-1994.

Ná die val van Pretoria in 1900 moes die Boeremagte basies van al hul militêre leiers ontslae raak, wat die produk was van die sosiale stand van daardie tyd. Charles de Gaulle bevestig hierdie verskynsel in sy boek “The edge of the sword” (ek kan ongelukkig nie Frans lees nie) en stel dat in tye van groot nood die leiers wat na vore tree gewoonlik persone is met minder sosiale aansien.

Of soos kmdt. Willem Ratte sê: “Die Afrikaners het nog nie genoeg gely vir opstaan nie.”

Repliek deur Dan Roodt:

Beste Albert de Villiers,

Moenie ons webblad beledig deur ons met Naspers te vergelyk nie. Ons pas geen “sensuur” toe nie en publiseer ‘n wye verskeidenheid menings omdat ons debat en kritiese denke wil aanmoedig. Daar is ook niks met my e-posstelsel verkeerd nie en dit blokkeer net Viagra-advertensies en soortgelyke gemorspos.

Ek is wel ‘n lid van die VF+ omdat dié party tot Afrikanerselfbeskikking verbind is, maar behou steeds ‘n eie standpunt oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. In weerwil van pogings om die VF+ dood te swyg as die enigste Afrikanerparty wat aan verkiesings deelneem, slaag die party tog daarin om gehoort te word en beskik hy oor ‘n hele aantal dinamiese jonge politici – mans en vroue – wat hulle vir die Afrikanersaak en -vryheid beywer.

Die kern van my beswaar teen u brief wat die holruggeryde Boere/Afrikaner-onderskeid ophaal, is dat dit eerder daarop gemik is om nogmaals verdeeldheid in eie geledere te veroorsaak, eerder as wat dit ons mense aanmoedig om teen verdrukking saam te staan.

Daar is tans ‘n nuwe konsensus onder Afrikaners wat almal hul afkeer van die huidige bewind en stelsel uitspreek. Wat is Breyten Breytenbach se uitspraak ten gunste van ‘n “federale deelstaat” anders as ondersteuning vir die volkstaatgedagte? Pleks daarvan dat ons hare kloof oor ons verskille en standpunte in die verre verlede (toe omstandighede radikaal van die huidige verskil het), behoort ons ‘n verenigde front teen die huidige vyand te monster wat uiteindelik tot ‘n eie staat of republiek kan lei.

Ons leef in opwindende tye en heel moontlik kan ons dekades van interne verdeeldheid en geskille oorkom en opnuut as een volk met een doel – vryheid – opstaan. Net gisteraand het ek ‘n video gekyk wat deur Carl Theunissen gemaak is oor die ou sensuurstelsel. Indien die NP destyds nie sy regtervleuel, asook die skrywers en intellektuele, van hom vervreem het nie, sou die Afrikaner waarskynlik steeds die land geregeer het en sou ons onoorwinlik gewees het.

Kleinlikheid en onverdraagsaamheid is ‘n groter vyand vir die Afrikaner as Groot Brittanje of die ANC.

 

красивые платья для новорожденных девочек купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.