Oorlogs- of Vredespresident?

Deel op

Toe president Barack Obama as Nobelvredspryswenner in Oktober aangekondig is, het sommige die hoop uitgespreek dat dit die president, wat nog geen vinger ter bevordering van vrede geroer het nie, in die rigting van vrede sal stuur.

Die vredesprysseremonie kom net nege dae nadat Obama aangekondig het dat hy ‘n massiewe eskalasie in die Afghaanse oorlog beplan. Die ironie van die gebaar was op niemand verlore in Oslo nie, selfs nie eens die president nie.

“Die president verstaan en sal weer erken dat hy nie in dieselfde geselskap hoort as Mandela en Moeder Theresa nie,” het sy woordvoerder Robert Gibbs gesê.

President Obama het gedurende sy toespraak van 36 minute gesê dat sy jongste besluit om die konflik in Afganistan te laat eskaleer, geregverdig is omdat die wêreld beskerm moet word van “terrorisme en ekstremisme”.

Dit was ‘n toespraak wat die gehoor graag wou hoor. Dit was vol oplugting alhoewel hy benewens Afghanistan ernstige kwessies soos die Midde-Ooste, Iran en Noord-Korea ook genoem het. Obama het egter nie na sy teenkanting teen die verbod op landmyne verwys nie.

‘n Noorweegse koerant, Dagbladet, het ‘n foto van Obama op die voorblad gehad met ‘n reuse opskrif wat lui: “Krigs- Eller Freds-President?”, wat vertaal beteken, “Oorlogs- of Vredespresident?”

Tydens die seremonie in die stadsaal van Oslo is die staatshoof formeel begroet deur vorige pryswenners. Hy het gesê hy is diep dankbaar en verootmoedig deur die toekenning, die 108ste hierdie jaar. Hy het daarna toegegee dat dit ‘n voortydige gebaar mag wees.

“Dit sal nalatig van my wees as ek nie die aansienlike kontroversie wat julle vrygewige besluit uitgelok het, erken nie. Deels is dit omdat ek aan die begin staan, en nie die einde nie, van die take op die wêreldverhoog,” het Obama gesê.

“In vergelyking met sommige reuse in die geskiedenis wat hierdie prys ontvang het – Schweitzer en King, Marshall en Mandela – is my prestasies gering.”

Hy het bygevoeg dat die grootste kontroversie sekerlik die feit is dat hy ‘n land lei wat homself midde-in twee oorloë bevind.

Obama het nie verder uitgebrei oor sy besluit om 30 000 bykomende troepe na Afghanistan te stuur nie.

‘n Trompetgeskal het Obama se aantog na die majestieuse seremoniële kamer aangekondig waar ‘n gehoor van 1 000 mense hom ingewag het.

Sy rede is af en toe met applous onderbreek, ook toe hy gesê het die VSA “moet ‘n standaard in oorlogvoering bly voorstaan”. Hy het voortgegaan deur sy belofte te herhaal om die Amerikaanse gevangenisbasis by Guantánamobaai, Kuba, te sluit.

“Wat die foute ookal mag wees wat ons begaan het, die doodgewone feit bly dat die VSA gehelp het om globale veiligheid te onderskryf vir meer as ses dekades met die bloed van ons burgers en die krag van ons wapens.”

Obama het sy beleid van samewerking met onderdrukkers verdedig deur te sê Nixon se bande met China en Pous Johannes Paulus se bande met die Poolse kommuniste het hom voorafgegaan. “Die afwesigheid van hoop kan ‘n samelewing van binne laat verrot.” Hy het die bevrediging van basiese behoeftes as ‘n mensereg beskryf.

Hy het ‘n dwarsklap na klimaatskeptici gemik en gesê daar is ‘n breë konsensus oor aardverwarming onder wetenskaplikes.

Noorweërs was egter omgekrap toe hulle verneem het dat die president nie die tradisionele verrigtinge wat na afloop van die prys plaasvind, wou bywoon nie.

 

online casino bonusДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.