Duisende mense het gister in Oslo aan ‘n protesoptog in Oslo deelgeneem nadat die Amerikaanse president, Barack Obama, die Nobel Vredesprys met ‘n toespraak wat oorlog regverdig, aanvaar het.
Meer as 6,000 mense het in ‘n vreedsame, flitsligoptog gemarsjeer, in teenkanting teen kernwapens, wat buite Obama se hotel in die Noorweegse hoofstad geëindig het, sê organiseerders.
Obama – wat gister in sy aanvaardingstoespraak gesê het “oorlog is soms nodig, en oorlog is op ‘n sekere vlak ‘n uitdrukking van menslike gevoelens” – het saam met sy vrou Michelle vir verskeie minute vir die skare vanaf sy hotelbalkon agter pantserglas, gewaai.
Verskeie van die betogers het baniere wat “Nee vir Kernwapens” lees, gedra, of het vredestekens vertoon.
3,000 ander betogers het deelgeneem aan ‘n betoging wat deur die Noorweegse Vredesinisiatief gereël is en wat ‘n oproep gedoen het vir die beëindiging van die oorlog in Afghanistan, beheerde wapenhandel, asook ‘n einde aan kernwapens en Israeli nedersettings.
“Ons is hier om vir Obama ‘n hupstootjie te gee sodat hy sal optree in die gees van die Vredesprys, sodat hy daadwerklike stappe neem om die oorlog in Afghanistan te beëindig,” het ‘n organiseerder vir die Noorweegse Vredesinisiatief, Benjamin Endre Larsen, aan AFP gesê.
Hy het ook aangedring dat Obama reëls ” wat wapenhandel beheer” instel, kernontwapening “teen ‘n flukse pas” nastreef, en druk op die Israeli regering uitoefen “sodat die nedersettings op die Wesbank gestaak kan word.”
Polisie sê tussen 12,000 en 15,000 betogers en toeskouers, insluitende gesinne met jong kinders, was die strate rondom die hotel vol en het die plein voor sy hotel toegepak, in die hoop dat Obama hulle boodskap sou hoor en om ‘n kykie te kry – en miskien selfs ‘n foto – van die Amerikaanse president.