Nuwe Audi-vlagskip bekend

Die Audi A8-sedan
Deel op

Die Audi A8-sedanAudi AG het onlangs hulle splinternuwe A8 in Miami, VSA bekendgestel. Die motor lyk nou nog meer soos ‘n groot A4, of dit nou goed of sleg is weet ek nie, maar die feit dat hulle dit reggekry het dat ‘n groot motor nou soos ‘n medium sedan vertoon, is ongelooflik.

Die Audi A8 van agter afDie nuwe A8 wemel van die tegnologie en ‘n mens kon sweer jy kyk na die nuwe Merc S-klas se spesifikasie lys as jy deur die nuwe geite gaan. Daar is volle LED-hoofligte, nagsig wat spesifiek uitkyk vir voetgangers, ‘n handskrifherkennende raakskerm vir die navigasiestelsel, Bang en Olufsen-klankstelsel; so gaan die lys aan.

Die nuwe motor weeg presies dieselfde as die vorige model, maar hy is nou nóg groter, langer en breër as die vorige model. Hierdie nuwe A8 het ook meer ratte; ja, hy is toegerus met ‘n 8-spoed- outomatiese ratkas. Natuurlik sal die A8 almal ook met Audi se befaamde Quattrostel toegerus wees en wat die enjin aanbetref, is die 4,2-liter- FSI-petrolenjin nog daar. Die enjin lewer 278 Kw en volgens Audi is daar ‘n brandstofbesparing van 15% op die vorige model.

Met dinge wat so al na die groen kant toe skuif, het Audi ook bevestig dat daar wel ‘n hibriede model later bygevoeg gaan word. Daar sal ook laat in 2010 ‘n langasafstandweergawe bykom. Wanneer ons hom in Suid Afrika gaan sien, sal ons moet wag en kyk. My vermoede is ook in die tweede helfte van 2010 of dalk eers aan die begin van 2011.

купить воронеж сверлаДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.