Tiger Woods verloor kans op ‘n medalje

Deel op

‘n Kaliforniese wetgewer het gister planne geskrap om ‘n kongresmedalje aan Tiger Woods toe te ken, vanweë die rits beweerde buite-egtelike verhoudings wat die wêreld se voorste gholfspeler konfronteer.

“In die lig van onlangse ontwikkelinge rondom Tiger Woods en sy gesin, sal ek nie wetgewing voortsit om die Kongres se Goue Medalje in hierdie sessie aan hom toe te ken nie,” het Joe Baca in ‘n verklaring gesê.

Die Demokratiese verteenwoordiger het wetgewing in Maart ingedien om Woods te vereer met die prestigeryk toekenning “vir diens aan die nasie in die bevordering van uitnemendheid en goeie sportmansgees, en in die afbreek van versperrings met grasie en waardigheid, deur te wys dat gholf ‘n spel vir alle mense is.”

Die Kongres se Goue Medalje en die Presidensiële Medalje van Vryheid is die hoogste burgerlike eerbewyse beskikbaar in die Verenigde State.

Woods se ondersteuning deur bewonderaars, borge en nou wetgewers het weggeval sedert hy gewikkel was in ‘n skandaal wat losgebars het na ‘n motorongeluk buite sy huis op die 27ste November.

Die eenmotorongeluk het ‘n ketting gebeure ontketen wat tot dusver ten minste 11 vroue daartoe gelei het om te beweer dat hulle verhoudings gehad het met die 33-jarige, wat 14 majeure gewen het en by verre die wêreld se nommer een gholfspeler is.

 

slots online for freeФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.