Sjina spoor VSA tot sielsondersoek oor klimaat aan

Deel op

Die VSA en Sjina het skerp aanmerkings gister uitgeruil tydens die Kopenhagen-klimaatsamesprekinge, wat die voortdurende agterdog tussen die wêreld se twee grootste koolstofbesoedelaars oor die egtheid van beloftes om uitlaatgasse te beheer, onderstreep het.

Die VSA se hoofonderhandelaar, Todd Stern, het Sjina aangespoor om “by hulle belofte” om die land se groei in koolstofuitsette te vertraag en om die verklaring deel van ‘n internasionale klimaatsveranderingsooreenkoms te maak.

Sjina het die eis verwerp, en hulle kritiek oor die VSA verskerp omdat dié land in gebreke gebly het om hulle 17-jaar-oue onderneming om geldelike hulp aan ontwikkelende lande te verskaf en om koolstof- en ander gasuitlate wat die Aarde verwarm, te verminder.

“Wat hulle moet doen is bietjie diepe sielsondersoek,” het Yu Kwingtai, Sjina se hoofklimaatsonderhandelaar, gesê.

Die opmerkings gedurende afsonderlike nuuskonferensies, was ‘n aanduiding van die harde werk wat voorlê in die 10 dae voordat 110 staats- en regeringshoofde die spitsberaad, wat daarop gemik is om ‘n politieke raamwerk vir ‘n verdrag te skep om volgende jaar die Kyoto Protokol van 1997 te vervang , afsluit.

President Barack Obama het gehelp om die ys te midde van omgesukkelde onderhandelinge verlede maand te breek, toe hy gesê het hy sal ‘n eed by Kopenhagen lewer om Amerika se kweekhuisgasuitlate teen 2020 met omtrent 17 persent vergeleke met vlakke in 2005 te verminder. Dit sal die eerste keer wees wat Amerika homself tot ‘n verminderingsteiken verbind.

Sjina het ‘n dag later gereageer en aangekondig dat hulle vrywilliglik die koolstofintensiteit van hulle nywerhede met tot 45% sal verminder, wat beteken dat hulle uitlaatgasse sal voortgaan om teen ‘n laer koers as die ekonomie te groei.

Stern sê Sjina se aankondiging het optimisme voor die konferensie aangewakker, maar dat dit nie ver genoeg gaan nie.

“Wat belangrik is, is nie net dat hulle dit in hulle land aankondig nie, maar dat hulle dit deel van ‘n internasionale ooreenkoms maak,” sê Stern.

Wat ook al die Sjinese se optrede om uitlaatgroei te vertraag, moet deursigtig wees, sê hy. “Dit is nie net ‘n saak van vertroue nie.”

Die Sjinese afgevaardigde het die Amerikaners en ander ryk lande van onopregtheid beskuldig toe hulle die 1992-klimaatskonvensie wat vrywillige koolstofverminderings belowe, onderteken het. Die konvensie is vyf jaar later in Kyoto aangepas en het verminderings verpligtend vir meeste geïndustrialiseerde lande gemaak. Die Verenigde State het die protokol verwerp omdat dit nie Sjina en Indië ingesluit het nie.

 

аэраторФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.