Doodstraf vir gay Oegandese

Deel op

Voorgestelde wetgewing in Oeganda wil homoseksualiteit met die dood straf. Familielede en vriende van homoseksuele sal voorts tot sewe jaar tronkstraf opgelê kan word indien hulle nie ‘n gay persoon by die owerhede gaan aangee nie.

Selfs verhuurders van eiendomme kan opgesluit word indien hulle huisvesting aan gays verskaf.

Gayregteaktiviste sê dié wetgewing is deel van ‘n goeiende en wye front in Afrika wat gekant is teen homoseksualiteit.

Die wetgewing het onder die invloed van Amerikaanse sendingwerk deur konserwatiewe Christene tot stand gekom.

In sy huidige gedaante is homoseksualiteit met die dood strafbaar indien aktiewe MIV-besmette gays saamwoon of in die gevalle waar verkragting deur dieselfde geslag gepleeg word.

Gewoontemisdadigers, dws gays wat herhaaldelik gevang word, staar ook die galg in die gesig. Diegene wat gevang word dat hulle homoseksuele dade pleeg kan lewenslank opgesluit word onder huidige wetsbepalinge.

Die stap het krtiek uitgelok van gayregteaktiviste internasionaal en betogings word in Londen, Washington en New York beplan.

David Bahati, die figuur wat die beplande wetgewing dryf, het kritiek verwelkom, maar het bygevoeg dat streng maatreëls nodig is om homoseksuele te keer om skoolkinders te “rekruteer”.

Hoërskoolonderwyser David Kisambira meen die slegte voorbeeld word in Brittanje en Amerika gestel en daar is volgens hom organisasies in ontwikkelde lande wat hulle vir die werwing van Oegandese kinders vir gay bedrywighede beywer.

Oeganda se minister van etiek, James Nsaba Buturo, sê homoseksualiteit is nie “natuurlik in Oeganda” nie en dat die wetgewing nodig is om die invloed van die buiteland teen te werk.

Die instelling van die doodstraf teen homoseksuele is ‘n gewilde siening onder gewone Oegandese wat meen die gesin is onder beleg.

Dit is ook nie enigste Afrikaland wat anti-gay wette oorweeg nie. In Nigerië is dit reeds met die dood strafbaar, maat dié land oorweeg stappe om die bevordering daarvan ook te bekamp. In Boeroendi is verhoudings tussen dieselfde geslag verbode en Rwanda bespreek ook tans soortgelyke wetgewing.

In Kenia is homoseksuele verhoudings verbode, maar die regering het die bestaan daarvan nietemin erken deur onlangse navorsing oor gesondheidsorg wat onder meer seksuele oriëntasie ondersoek het.

 

комбинезоны осень для малышаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.