Gaan die klere waai?

Deel op

Nog ‘n bul is kaalhande in ‘n Zoeloeritueel doodgemaak, en die hof het nié ‘n stokkie daarvoor gesteek nie.

Die organisasie, Peta, People fort he ethical treatment of animals, wat baie prominent was in hierdie sage, is egter nie ‘n katjie wat sonder handskoene aangepak kan word nie, en dit laat ook nie sommer los as dit ‘n saak in die oog het nie.

Peta maak daarop aanspraak dat dit meer as twee miljoen lede wêreldwyd het.

Die saak oor die Zoeloe-bulritueel is deur Peta se Asiatiese tak gedryf, met sy swaartepunt in Indië, waar beeste ‘n besondere godsdienstige plek inneem.

Peta is veral bekend vir sy jaarlikse protes teen die jaarlikse Pampelona-bullopie in Spanje. Die hoofelement hiervan is dat lede dieselfde roete ‘n ruk voor die gewraakte geleentheid kaalbas aandurf.

Ook by ander geleenthede is Peta-lede nie …skaam om die klere te laat waai nie. Hierdeur word verseker dat die oë van die wêreld op hul saak, en die lense van die fotograwe op hul lywe gefokus bly.

‘n Duidelike aanduiding dat Peta nie maar gaan berus by die hofuitspraak nie is dat Peta se veldtog rondom die Zoeloe-ritueel heelwat meer as ‘n 13 000 trefslae op Google oplewer.

In dié stadium is dit nog nie duidelik welke optrede Peta verder in gedagte het nie. Een van die voorste aktiviste teen die slagting, die Indiese advokaat Maneka Ghandi, is in die Hindu Times aangehaal vir ‘n stelling dat duisende studies daarop wys dat mense wat wreedhede teenoor diere pleeg, dikwels ook geweddadig teenoor hul medemens optree.

Die Hindu Times sleep egter self die Fifa-toernooi by die saak by, deur daarop te wys dat minister Sicelo Shiceka volle steun toegesê het aan planne om rituele slagtings by elk van die 2010-toernooi se stadions te doen.

Of Peta planne het om die klere te laat waai of nie, die organiseerders van die Wêreldbeker het nou ‘n bul in die salf.

 

укладка фанеры на старый деревянный полФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.