VF+ evalueer ANC

Deel op

Die Vryheidsfront Plus sal more, Woensdag 9 Desember 2009, om 11:00 ‘n mediakonferensie hou waartydens die party sy jaarlikse evaluering van die ANC-regering bekend sal maak. Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sal die party se evaluering aan die media bekend maak by die party se hoofkantoor in Pretoria. Hy sal daarna meer besonderhede gee oor die rede vir die toekenning van spesifieke punte vir die ANC-regering se bestuur van die land.

 

free slotscasino gamesФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.