Aardbewings skud Malawi

Deel op

‘n Polisiebeampte in Malawi sê ‘n eenjarige kind is dood toe ‘n reeks aardbewings dié land die afgelope drie dae getref het.

Die mees onlangse aardbewing het Dinsdag die land getref.

Enock Levason, ‘n polisiewoordevoerder in die Karongo-nedersetting, sê die kleuter is Dinsdag dood toe ‘n kombuis inmekaar geval het. Ses ander mense is na ‘n hospitaal geneem.

Levason sê daar kan meer sterftes wees en dat meeste van die modderhuise wat rondom die episentrum van die aardbewing gebou was, verkrummel het.

Volgens geoloë is aardbewings en skuddings ‘n risiko in dele van Malawi wat op die Groot Skeurvallei lê.

Geoloë sê Dinsdag se aardbewing het 5.9 op die Richterskaal gemeet en was die grootste aardbewing van dié reeks wat die afgelope drie dae die land geruk het.

 

хамам в квартире своими рукамиФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.