Vyf bomme ruk Bagdad

Deel op

‘n Digte swart rookkolom hang oor Bagdad nadat ten minste 100 mense die lewe gelaat het in ‘n gekoördineerde reeks van vyf motorbomontploffings wat die stad Dinsdag geruk het. Volgens hospitaalpersoneel en polisiebeamptes is honderde beseer.

NUUT!

‘n Reeks van vyf bomontploffings waarvan een ‘n selfmoordbomaanslag was, het die universiteit, ‘n hof, moskee en ‘n mark by die ministerie van binnelandse sake geruk kort na 10 uur die oggend en het 50 minute geduur.

Die jongste terreur vloei waarskynlik voort uit die aankondiging van parlementêre verkiesings wat vir Maart besluit is. Irak se leiers het Sondag ‘n konstitusionele krisis afgeweer danksy druk deur president Obama en sy vise-president Joseph R. Biden.

Amerikaanse helikopters, onbemande tuie en vliegtuie het oor die stad gesirkel ná die aanval en sporadiese geweervuur is gehoor.

Drie polisielede is in Dora, in die suide van Bagdad, gedood deur ‘n motorbom asook studente van ‘n tegniese skool.

Dit is die ergste aanval sedert twee selfmoordbomaanvalle 155 mense in Oktober in Irak laat sterf het. In Augustus is 122 mense dood in soortgelyke aanvalle.

Na verwagting sal die intensiteit van anti-Amerikaanse aanvalle toeneem in aanloop tot die verkiesing.

 

betting systemАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.