Woedende skare steek DA onder klippe

Deel op

Brandende versperrings het DA-leier Helen Zille gister begroet noord van Pretoria toe sy Mabopane en Slovoville, Winterveld, besoek het om met inwoners oor diensleweringsprobleme te praat.

Polisieversterkings moes ingeroep word nadat Zille en haar adjudante onder klippe gesteek is. Solly Msimanga, ‘n Gautengse DA-verteenwoordiger moes steke kry nadat hy deur ‘n klip getref is.

Die polisie moes uiteindelik van rubberkoeëls gebruik maak om die aggressiewe skare in bedwang te hou.

Zille het aan die Burger gesê dit is onaanvaarbaar en ongrondwetlik dat spraakvryheid op dié wyse belemmer word. Sy wil die saak met pres. Zuma opneem, het sy gesê.

Die oproermakers het ‘Umshini Wami’ gesing en DA-ondersteuners is met die dood gedreig ten einde hulle daarvan te weerhou om te vergader. DA-hemde is ook aan die brand gesteek.

 

 

 

трек магазинАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.