Elkeen se Boetman-ervarings

Deel op

‘n Ruk gelede was daar ‘n artikel oor navorsing oor die spesiale soort trauma waaraan baie Suid-Afrikaners ly – viktomonologie – post-traumatiese woede wat nie weggaan nie. Ek het self by hieroor geskryf.

By my het hierdie verklaring op vrugbare grond geval. Ek en ‘n destydse kollega het in ‘n stadium gevoel dis nie reg dat ons kontemporêre digters dit wat die Afrikaners / Afrikaanses se wese so ingrypend tref soos plaasaanvalle en plaasmoorde, ignoreer tot die mate dat dit nie deel van die Suid-Afrikaanse poësie uitmaak nie. Vorige ingrepe soos die Groot Trek, Bloukansmoorde en die Anglo-Boere-oorlog is immers poëties verewig.

Maar ons kon geen erkende digter kry om iets daaroor te skryf nie, en probeer toe maar op ons lomp manier self die wiele aan die rol sit. Dié projek het die Kerkblad gehaal, en toe ‘n dubbelblad in die Farmers Weekly (ja, in Engels).’n Paar van die “gedigte” is ook gepubliseer.

Maar toe, na die farmers Weekly-artikel, begin die mense bel. Familie van die slagoffers. Ontstellende verhale, skokkend ontstellend, en ek word bewus van en ontleed die saak – hier is met ‘n eiesoortige soort trauma te make. Die oorlewende slagoffers gaan na sielkundiges en psigiaters wat ewe-eens bel en sê: “Hier is iets diepers, iets anders …daar moet gespesialiseerde mense wees om hierdie aspek aan te spreek.”

Ons elkeen het sy eie Boetman-verhaal. Myne miskien dat ek reeds vroeg die slagoffer was toe ek moes plek maak vir ‘n Afrikaanse, wit manlike klerk op adjunk-direkteursvlak wat nou ‘n bekende en luidrugtige ANC-politkus is, terwyl my saak na omtrent 14 jaar “onafgehandel” by die Openbare Beskermer is. Na ‘n positiewe tussentydse verslag nou ook al ‘n hele klompie jare gelede is die “Openbare” Beskermer ‘n “Toe Beskermer” soos ‘n toegeklapte skulp, en kan skynbaar niks die verslag “loskry” nie. Nie eens Zuma se trieng-trieng nie, en die VN se Mensregteraad hanteer dit ook op ‘n wyse dat ‘n mens dit nie kan agterkom nie.

Intussen het die saak in sy maai in verjaar, en gaan dit net om daai dingetjie, “closure,” kry.

Want ‘n handves van menseregte werk nie baie lekker vir ‘n gestremde kind as sy pa nie kan werk kry nie.

Maar dan is daar nog mense, soos Mirida Fitzpatrick, wat sê wit mense kla met die brood onder die arm.

Spiek fôr jôrself, niggie.

Viktomonologie word nie net materieel gemeet nie. Verliese word ook aan waardigheid, byvoorbeeld, gemeet. Ontneem ‘n man sy vermoë om vir sy gesin te sorg, en dra vir hom geld en kospakkies aan, en kyk wat bly van sy waardigheid oor. Of gee vir hom ‘n slaappilletjie as hy nie raad weet oor waar om die geldjie te kry vir sy gestremde kind se broodnodige terapie nie. Of studiegeld vir sy ongestremde kind se studies in ‘n rigting wat hom minder blootstel as sy pa.

Want sy pa het ook loop luister na grootbek-politici wat gesê het van sekere dinge wat “nooit” gaan gebeur nie. Gaan studeer Politieke Wetenskap en sulke rigtings, want ons het mense soos julle so bitter nodig.

Wat my persoonlik verskriklik die bliksem in maak is dat die Kemptonparkers, met stywe pensioene, steeds kan ontken dat hulle ore aangesit is, dat hulle bitter baie mense uitverkoop het, en dat Roelf en Pik boonop nog openlik sê hulle stem vir die ANC.

Ja, mense, ek het buitemuurs in 1994 – dus in die nuwe grondwetlike bedeling, Staatsreg ook gaan swot, en moenie vir my kom wolhaarstories aandra dat ons nou die “beste grondwet in die wêreld het” nie en dat die kollektief van individuele regte “modern” is en die beste minderheidswaarborge bied.

En moenie vir my kom vertel ons grondwet is op die Indiese geskoei sonder om by te voeg dat dit wat die Indiese grondwet ingebou het om minderheidsregte te beskerm, in die Suid-Afrikaanse weggelaat is nie. In kort, moenie brouwerk met *&^stories probeer regverdig nie.

Want dit is onwaar. Indië se interne staatsgrense is aangepas – soos die Nigeriese, om met geografiese modelle beter beskerming aan groepe te gee. En ‘n paar setels op nasionale vlak is vir die pre-Indiese inboorlingbevolking gereserveer.

En gaan lees maar oor die regte – ook soos in kontemporêre regspraak neerslag vind, hoe die Amerikaners regte aan hul Indiaanse bevolking verskans. En ag ja, as julle moeite het om iets te vind, veral in Afrikaans, soek maar net op die uwe se blog.

Sê dit nie iets as die naïewer of gelaaide “regverdigings” vir die behandeling wat die Boetmans te beurt val van vroue kom nie – Ilse Bigalge, Zelda Jongbloed en nou Marida Fitzpatric.

Ja, ‘n jaar gelede het die uwe ‘n arbeidsregkursus met onderskeiding voltooi, en wat vreeslik vassteek en moeilik met die Staatsreg wat vroeër verwerf is afgaan, is dat almal vir regstellende aksie kwalifiseer, maar dat ongestremde, wit mans met wetgewing spesifiek uitgesluit word.

Wat beteken dit? Dat vroue wat dit wil regverdig nie kwalifiseer om menings te lug nie, want hulle is nie aan die ontvangkant daarvan nie.

Solank die Roelfs en die Pikke onboetvaardig is, so lank gaan Tim du Plessis preek dat dit nie help om die “blaming game” met daardie “onderhandelaars” te speel nie. Tim is reg dat dit nie help nie, en Tim is reg dat mens moet kyk hoe om dit ten beste aan te spreek. Dit neem egter nie die trauma van verlies weg nie, veral as ‘n mens weer en weer bloedneus kry nie.

En intussen moet jy ‘n fort in stand hou, en ‘n gewapende reaksiemag betaal om jou gesin te beveilig. ‘n Gesin wat jy geskep het toe sekere dinge “nooit” sou gebeur nie.

En om dan nog op ‘n mens se gevoel te speel oor “kyk net na die plakkerkampe” (weet Marida en kie hoeveel wit mense woon al daar?) laat my dink aan die laaste diens wat ek by ‘n vorige predikant bygewoon het.

Dié dag preek hy oor “stres” wat so verkeerd is want ‘n mens moet al jou vertroue in die Here stel. Maar iewers raak hy deurmekaar en al die “stres-simptome” wat hy noem is eintlik suiwer depressie. En gaan vertel nou vir iemand met depressie hy is eintlik besig om te sondig deur depressie te hê…

Dan gaan nog mense soos Boetman dit nie maak nie.

 

оборудование для обслуживанияДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.