Hyundai hoop vir toename in verkope

Deel op

Hyundai Motor-maatskappy se verkoopstoename in die VSA behoort ‘n verdere hupstoot vroeg volgende jaar te kry met die bekendstelling van die algeheel nuwe mediumgrootte Sonata.

Die 2011 Sonata, wat heelwat slanker as sy voorganger is, was geskeduleer om gister by die Los Angeles Motorskou bekendgestel te word. Die nuwe kar, wat Hyundai sê het ‘n “vloeiende gebeelde” voorkoms, behoort die hoogs kompeterende segment in brandstofekonomie te lei met omtrent 12 kilometers per liter op die hoofweg.

Hyundai, met verkope wat hierdie jaar omtrent ses persent hoër is as gevolg van aggressiewe prysvasstelling en knap bemarking, het die hele jaar in markaandeel gegroei al het die Amerikaanse motorverkope met 24 persent gedaal.

Die nuwe motor kom toegerus met ‘n ses-spoed outomatiese of handratkas, en slegs vier-silinder enjins sal aangebied word. Aanvanklik sal die enigste keuse ‘n 2,4-liter viersilinder die enigste keuse wees. ‘n Turbo-aangejaagde viersilinder kom later.

Die enjin, wat lug en brandstof regstreeks in die silinders inspuit vir meer krag en doeltreffendheid, ontwikkel omtrent 150 kilowatt, heelwat meer as die klein V6-enjins van ‘n paar jaar gelede. Hyundai belowe ook elektroniese stabiliteitsbeheer en presiese hantering en stuurgevoel, asook groter binneruimte.

Dit is een van sewe nuwe voertuie wat Hyundai beplan om oor die volgende twee jaar bekend te stel. Die maatskappy sal vandag ‘n nuwe Tucson klein oorgangsvoertuig in Los Angeles onthul.

 

bride to be necklaceАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.