GM loods Volt

Deel op

General Motors sal hulle vurig verwagte Chevrolet Volt elektriese motor volgende jaar in Kalifornië loods, het die maatskappy gister aangekondig.

Die Amerikaanse motorvervaardiger het die besluit aangekondig toe die Los Angeles Motorskou afgeskop het, ‘n dag na die onverwagse vertrek van die motorreus se uitvoerende hoof, Fritz Henderson.

GM vise-voorsitter, Bob Lutz, sê die Volt, wat by ‘n konvensionele kragprop herlaai kan word en vir tot 65 kilometer sonder brandstof kan loop, sal laat in 2010 in Kalifornië vrygestel word.

Ander markte vir die kar, wat ontleders skat sal in die kleinhandel vir tussen R210,000 en R280,000 verkoop, sal later aangekondig word, sê Lutz.

“Kalifornië is al lank ‘n leier in omgewingsverandering en ons by GM is opgewonde om die Volt se tegnologie aan verbruikers beskikbaar te stel,” sê Lutz.

Die maatskappy het ook ‘n vennootskap met Kalifornië-nutsmaatskappye aangekondig wat sal meebring dat hulle ‘n vloot van omtrent ‘n honderd Volts sal ontvang.

Die skema sal ook die installering van meer as 500 herlaaistasies regoor die staat meebring.

Tussen vier- en sesduisend motors sal aanvanklik beskikbaar wees, sê Luts, terwyl produksie tot omtrent 10,000 eenhede in die eerste volle jaar van vervaardiging in 2011 sal toeneem.

“Uiteindelik sal ons dit verhoog tot ‘n volle kapasiteit van 50- tot 60,000 voertuie ‘n jaar,” het hy aan verslaggewers gesê.

“Ek het geen twyfel dat ons in komende jare hierna sal terugkyk as ‘n tyd van groot vooruitgang in die ontwikkeling van elektrisiteitsgedrewe voertuie,” het hy gesê. “Dit is in elke opsig so belangrik soos die oorgang van perde na perdekrag.”

GM beskou die Volt as ‘n potensiële spelveranderende voertuig terwyl dit poog om met Toyota Prius se hibriede voertuig, wat in 1997 vrygestel en vir die eerste keer in die VSA in 2001 bekendgestel is, mee te ding.

 

матрас для плаванияДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.