Iran laat vyf Britse matrose vry

Deel op

Iran het vyf Britse matrose wat verlede week, toe hulle wedvaartjag per abuis in Iranse waters ingedwaal het, aangehou is, vrygelaat. Brittanje sê hulle is verheug met gister se vrylating en het Teheran se hantering van die insident geloof.

Die mans het in Dubai aan wal gestap en breed geglimlag terwyl hulle vir die kameras gewaai het en ontspanne gelyk het.

“Ons het geen voorneme om enige iemand te ontstel, gehad nie,” het Oliver Smith aan ‘n nuuskonferensie gesê. “Ons het net probeer om hier (Dubai) uit te kom om die seiljagwedvaart te begin. Die ouens op die grond het ons baie goed behandel,” het hy bygevoeg.

Hy sê die vyf van hulle is in ‘n kamer wat met ‘n slot gesluit was, aangehou, maar dat hulle wagte hulle in die aande uitgelaat het.

Die 60-voet jag was verlede Woensdag in die Persiese Golf onderweg van Bahrain na Dubai vir die begin van die eerste aflandige wedvaart, toe dit ‘n probleem met die skroef ondervind het, sê Andrew Pindar, wie se Team Pindar die jag besit. Dit het in Iranse waters ingedryf en was op beslag gelê deur die elite Rewolusionêre Wag se vloot.

“Na ‘n ondersoek en ondervraging van die vyf Britse matrose afgehandel is, het dit duidelik geword dat hulle onwettige binnekoms ‘n fout was,” het die Rewolusionêre Wag in ‘n verklaring, wat deru die amptelike IRNA nuusagentskap gedra is, gesê. “Nadat die nodige waarborge bekom is, is daar besluit om hulle vry te laat.”

Die Britse regering het probeer om te verhoed dat die saak verpolitiseer word, in ‘n tyd wat Teheran onder hewige druk van die Weste oor hulle kernprogram is. Iran het Brittanje en ander buitelandse regerings daarvan beskuldig dat hulle die land se na-verkiesingsbetogings gesteun het

Die spanning in die Weste is ook verhewig deur Iran se aanhouding van drie Amerikaners wat hierdie somer gearresteer is nadat hulle oor die grens uit noordelike Irak gedwaal het. Washington en hulle families sê die drie het Iran onbedoeld binnegegaan terwyl hulle op ‘n staptoer was, maar Teheran het hulle onlangs van spioenasie beskuldig.

 

освещение ступеней лестницы в частном домеданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.